• Tuisblad
  • Tjil
  • Polisie vang ‘stropers’ vóór hulle renoster dood
Die polisie het 'n sindikaat, wat glo op pad was om renosters te stroop, in hegtenis geneem nog vóór hulle hul planne kon uitvoer. FOTO TER ILLUSTRASIE.
Die polisie het 'n sindikaat, wat glo op pad was om renosters te stroop, in hegtenis geneem nog vóór hulle hul planne kon uitvoer. FOTO TER ILLUSTRASIE.

Polisie vang ‘stropers’ vóór hulle renoster dood

Elvira Hattingh
Wetstoepassers het Vrydag ‘n stokkie gesteek voor ‘n sindikaat se planne om ‘n renoster op ‘n plaas in die Gobabis-omgewing te stroop.

Vyf verdagtes is Vrydag laataand op die B14-roete tussen Grootfontein en Gobabis aangekeer terwyl hulle glo op pad was om die misdryf te pleeg. Volgens ‘n polisieverslag het intelligensiegedrewe ondersoeke daartoe gelei dat die sindikaat aangekeer is, vóór hulle nog enige renoster kon skiet.

Hulle is voorgekeer in ‘n bakkie met ‘n Windhoek-registrasie en in hul besit is verskeie jaggewere, pistole, ‘n knaldemper, ammunisie, ‘n byl, handskoene, foelie, reënjasse, veldskoene asook selfoontoestelle gevind.

Lede van die sindikaat het glo vanaf Windhoek gery om ander lede vanaf Rundu op Grootfontein te ontmoet. Die polisie, verkeersbeamptes, lede van private misdaadvoorkomingsforums en reserviste het egter saamgewerk om die verdagtes aan te keer.

Die verdagtes sal vandag in die landdroshof op Grootfontein verskyn.

Kommentaar

Republikein 2024-11-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 35° Rundu: 19° | 35° Eenhana: 20° | 36° Oshakati: 23° | 35° Ruacana: 22° | 35° Tsumeb: 22° | 34° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 21° | 33° Mariental: 21° | 37° Keetmanshoop: 21° | 38° Aranos: 22° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 20° | 39° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 35° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 17° | 29° Maseru: 16° | 31° Antananarivo: 16° | 32° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 32° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 25° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 16° | 31° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 20° | 32° Harare: 18° | 28° #REF! #REF!