Leef die Loka-lewe

Eksklusiewe reeks nou in Tuindorp beskikbaar
Bestel hier en dit word op jou stoep afgelewer
s jy op soek is na die mooiste klere wat absoluut uniek is, klop gerus by Andria du Rand van Okahandja aan, aangesien sy nou ’n agent is vir die Loka-reeks.

Loka is ’n reg-om-te-dra, meng-en-pas versameling van veelsydige klere wat nie gestryk hoef te word nie en wat ook super gemaklik is om te dra. Beter nog is dat dit uit “beleggingstukke” bestaan wat nie seisoengebonde of volgens modegiere ontwerp word nie, maar wat tydloos, uniek en elegant is.

Loka is deur die Suid-Afrikaanse Stellie Taute ontwikkel, met die naam wat afgelei is van haar seuns se name, LOgan en KAiden. “Loka het in 2016 op ’n baie klein skaal begin op aandrang van vriendinne om vir hulle dieselfde uitrustings te maak soos dié wat ek vir myself maak,” vertel sy, hoewel haar hooffokus toe op trourokke was.

Na haar egskeiding in Desember 2016 was haar passie vir trourokke nie meer daar nie en moes sy besluit waarop sy wou fokus. Só het sy Loka weer ten volle op die been gebring en dit was nie lank nie en die besigheid het vinnig uitgebrei.

Met twee stiksters en baie seën van Bo, het Loka weer begin en vinnig in ’n eie fabriek op Mosselbaai, Suid-Afrika, ontwikkel wat vandag werk aan 40 mense voorsien en help kos op hulle families se tafels sit.

Met Loka Boutiques op George, Bethlehem, Mosselbaai en die Oosrand, is daar ook agente regoor Suid-Afrika en ook in Namibië, met Danél Swiegers van ’n plaas naby Ariamsvlei wat die eienaar is van die plaaslike franchise, Loka’Manel Namibia.

Dit is juis by hierdie span waar Andria aangesluit het.

“Ek is nou eers ’n bietjie meer as ’n maand aan die gang,” vertel Andria, “maar ek is mal ooi die mooi klere en die ander mooi goed!”

Daar is ook gereeld nuwe reekse. “Die nuutste is die Geloof-reeks, wat sedert middel-September en ná die Hoop-reeks, beskikbaar is,” sê Andria.

Loka streef daarna om iets uniek vir Namibiese vroue te bied wat bestaan uit ’n verskeidenheid nuwerwetse, modieuse en klassieke klere, skoene, ander bykomstighede en nou ook parfuum.

Boonop is daar net ’n beperkte hoeveelheid van elke item, so jy is verseker van iets uniek.

En die kersie op die koek? Elke pakkie wat landwyd versend word, word met baie liefde verpak. Bestel en beleef self hoe spesiaal dit is!

Kontak Andria by 081 692 0661 of stuur ’n epos aan [email protected] vir meer inligting.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!