No Image Caption

Is jy jou kliënt se gunsteling?

Tien kategorieë elk met tien subkategorieë; 1 932 nominasies en 9 612 stemme deur lede van die publiek – alles om Windhoek Express-volgeling se gunsteling-diensverskaffer in die hoofstad te kies.

Om hierdie indrukwekkende reaksie op ons eerste 061 Followers Choice-toekennings ooit te vier, is ons kliëntebestuurders tans besig om sertifikate per hand af te lewer aan besighede in die hoofstad wat die meeste stemme ontvang het.

Was hulle nog nie by jou besigheid nie? Dalk is hulle nog op pad, of dalk moet jy harder veg om meer stemme in die toekoms in te win!

Teen die einde van hierdie week sal al die wenners aangekondig word, so hou die koerant dop.

Kommentaar

Republikein 2025-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer