AfriTin groei uit sy nate

Tin, litium en tantaal die wenresep
'n Tinmyn op Uis verwag om oor die volgende vyf jaar uit te brei en nuwe lewe in dié dorp te blaas.
Augetto Graig
Die bestuur van die AfriTin-tinmyn op Uis verwag eksponensiële groei oor die volgende vyf jaar.

Die uitvoerende hoof, mnr. Anthony Viljoen, het gisteroggend die nuutste voorlopige finansiële evaluering vir fase 2 van die myn se uitbreiding bekend gemaak.

Die mynbedrywighede sal na raming ná belasting ’n netto teenwoordige waarde van US$2,1 miljard (meer as N$32,7 miljard) kan genereer, teen ’n interne opbrengskoers van 75%.

Verdere hoogtepunte van die evaluering sluit in aansienlike jaarlikse kontantvloei met vinnige terugbetaling van beleggings vir die oopgroefmyn binne ’n jaar en ’n half. Eienaarsbelegging tot kapitaalbeleggings word teen US$440 miljoen beraam. Hulle beplan gemiddelde produksie van 10 metrieke ton per jaar oor die volgende 14 jaar.

Tans vervaardig die toetsaanleg 850 ton tin-konsentraat per jaar en met die uitbreiding van operasies word beoog om dit tot 2 800 ton per jaar te verhoog.

Terselfdertyd sal die vervaardiging van litium-konsentraat tot 60 000 ton per jaar toeneem en die produksie van tot 45 ton tantaal-konsentraat per jaar sal begin. Die verskeidenheid metale is sentraal tot die myn se toekomsplanne.

Volgens die vyfjaarplan wat AfriTin in April vrygestel het, is die uitbreiding van fase 2 van die aanleg ’n prioriteit, met ’n uitvoerbaarheidstudie wat reeds van stapel gestuur is.

’n Veldtog vir eksplorasie gaan voort met die doel om die bestaande hulpbron se verwagting uit te brei (2012) vanaf die tinhulpbron van 71,54 metrieke ton tot 200 metrieke ton wat tin, litium en tantaal bevat.

Viljoen sê hy is verheug oor die uitkoms van die evaluering.

Hy sê dit “toon ekonomie (van skaal) en opbrengste vir uitbreiding, en stel ons in staat om met opgewondenheid vorentoe te beweeg na volledig bankbare haalbaarheid.

Die feit dat ons fase 1 suksesvol tot produksie gebring het, stel ons in staat om fase 2 se risiko aansienlik te verminder weens die lesse wat geleer is. In fase 2 sal AfriTin ’n wêreldklas-vervaardiger van beduidende volumes tin, litium en tantaal word, wat noodsaaklik is om aan die vereistes van 'n nuwe doeltreffende groener tegnologie in die toekoms, te voldoen,” sê hy.

Die uitbreiding sal bestaande water- en kraginfrastruktuur benut. Tans word 72% van aangekoopte elektrisiteit van hernubare energiebronne verkry, en dit is voldoende om die produksie van tin-konsentraat met tussen twee en vier keer te vermeerder.

Verdere uitbreiding wat beplan word sluit onder meer in die breekkring-verwerkingsaanleg wat se deurset uit die produksie van tin-konsentraat tot 1 500 ton per jaar, 76% hoër as nou, verhoog sal word.

Ertssortering sal die produksie van tin-konsentraat verder verhoog deur die huidige voergraad twee tot vier keer te verbeter. Beide behoort nog vanjaar voltooi te word, met volskaalse produksie wat in 2023 verwag word.

Van belang sal bykomende verwerkingsaanlegkringe beide litium- en tantaalkonsentraat produseer.

Toetsaanlegte vir litium en tantaal word ook gedurende 2022 beplan, sê AfriTin. Fase 2 sal na verwagting teen 2026 volledig toegepas word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!