AfriTin vind nog litium
Wedloop vir mineraal word strawwer
Die tinmyn op Uis het sy oog op litiumontginning terwyl Xinfeng Investments gereed maak vir mynbou op Omaruru.
Uis se AfriTin-tinmyn het spodumeen, ’n mineraal wat ’n bron van litium is, binne die operasionele grense van die gevestigde vervaardigingsaanleg ontdek.
AfriTin se uitvoerende hoof, mnr. Anthony Viljoen, sê: “Ek is verheug oor die nuwe ontdekking wat ons ontwikkelingsdoelwitte herbevestig en die algehele strategie ondersteun om ’n diverse portefeulje van tegnologiemetale te bou.”
Die onderneming is op die Londonse aandelebeurs genoteer en is in die proses om die tinmyn te vergroot om ’n produksie van 10 000 ton tinkonsentraat en 350 000 ton litiumkonsentraat te bereik.
“Die ontdekking van spodumeen tydens ons huidige eksplorasieprogram is ’n opwindende ontwikkeling wat die beduidende potensiaal van ons lisensiegebiede in Namibië beklemtoon,” sê Viljoen.
“Die maatskappy beoog om gedurende 2022 ’n eksplorasieboorprogram op hierdie teiken uit te voer, met die doel om dit by ons bestaande litiumhulpbron op Uis te voeg. Litium uit hierdie bronne kan van belang wees vir beide tegniese en chemiese litiummarkte, laasgenoemde word gebruik in litiumioonbatterye,” het hy gesê.
Die ontdekking van spodumeen, ’n noodsaaklike mineraal in die produksie van litiumioonbatterye, is binne die maatskappy se eksplorasie oor historiese mynbouwerke gemaak.
Die ontdekking strek oor sowat 2 km binne die lisensiegebied (ML129) naby ’n bestaande pad, sê die verklaring.
Die voorkoms van spodumeen is deur laboratorium-X-strale en die ontleding van monsters bevestig. Vier uit vyf van die monsters wat getoets is, het positiewe resultate opgelewer, waarvan die beste 'n heelgesteente-spodumeeninhoud van 10% opgelewer het.
STRATEGIESE MINERALE
Opvolgwaarnemings het daarna bykomende oppervlakblootstellings van soortgelyke verskynsels geïdentifiseer.
“Alhoewel dit 'n vroeë ontdekking is, en dit aansienlike werk sal verg om hierdie resultate ten volle te verstaan, is dit nietemin 'n opwindende ontwikkeling wat die maatskappy se vertroue in die vooruitsigte van ML129 ondersteun,” luidens die verklaring.
Op ML129 is reeds ’n mineraalhulpbron van ongeveer 450 000 ton litiumertsmineraal as petaliet geïdentifiseer.
Die spodumeen wat nou geïdentifiseer is, dui op die potensiaal om AfriTin se strategiese mineraalportefeulje te vergroot en die maatskappy se doelwit te bevorder om 'n voorraad van tegnologiemetale op te bou, volgens die verklaring.
CHINA SOEK OOK
Intussen vorder die Chinese ontwikkelaar Xinfeng Investment met sy poging om ’n litiummyn net langs Omaruru te vestig.
Die omgewingsimpakstudie is reeds verlede maand vrygestel en die onderneming wag net op die regering om goedkeuring te gee.
Die geteikende ertsliggaam strek naby die oppervlak wat oopgroefmynbou moontlik sal maak, volgens die studie.
Xingfeng besit eksplorasielisensie (EPL 7228) en het op 17 Desember 2021 by die betrokke ministerie aansoek vir mynboulisensie (ML) 243 gedoen om sowat 45 km noordnoordwes van Omaruru te begin om litium te ontgin.
Xinfeng se projek behels die konstruksie en bestuur van 'n oopgroefmyn en 'n verwerkingsaanleg wat met die gebruik van konvensionele vergruising, maal en konsentrasie, na verwagte ongeveer 200 000 ton erts per jaar sal verwerk, luidens die studie.
Xinfeng sê die projek sal ’n belegging van ten minste N$60 miljoen vereis en sal 200 werksgeleenthede skep, waarvan ongeveer 65% plaaslike werkers sal wees. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie