Arm, armer, Namibiërs
Kredietburo sê 45% kan nie byhou met paaiemente
Armoede bly toeneem in Namibië – met 'n 2020-skatting deur die Wêreldbank wat bevind het dat 1,6 miljoen van die land se burgers in armoede leef.
Nuwe navorsingsuitslae wat die kredietburo TransUnion onlangs vrygestel het, toon dat 45% van Namibiërs sukkel om by te hou met hulle rekeninge en paaiemente. TransUnion se jongste Consumer Pulse-opname oor verbruikersgedrag en -houdings oor huidige en toekomstige huishoudelike begrotings, besteding en skuld wys dat 36% van Namibiërs se inkomste oor die betrokke drie maande van die derde kwartaal verminder het. Boonop het 27% van deelnemers aan die opname aangedui dat iemand in hul huishouding in die betrokke tydperk tot 19 September werkverlies ervaar het. Verder het 16% gesê hul salarisse is verminder, of dat hulle hul kleinsakeondernemings moes sluit.
“Baie verbruikers moes noodgedwonge hul huishoudelike begrotings aanpas in reaksie op hierdie uitdagings, met 56% wat diskresionêre uitgawes – soos uiteet, reis en vermaak – die afgelope drie maande moes sny,” sê Lara Burger, die bestuurder van TransUnion se tak in Namibië.
Met inflasie wat in Augustus tot by 4,7% geklim het teenoor 4,5% in Julie, sal veral voedselpryse na verwagting ook styg. TransUnion voorsien dat Namibiese verbruikers sal moet voorberei vir meer finansiële druk. Na verwagting sal 38% van verbruikers oor die komende drie maande nog meer op rekeninge en paaiemente moet bestee, en 33% sal waarskynlik minder op klere, elektroniese toestelle en ander goedere kan uitgee. Sowat 48% sal hul diskresionêre besteding moet verminder en 28% sal minder op groot aankope soos voertuie bestee.
Alhoewel 93% van opname-deelnemers glo toegang tot kredietdienste is belangrik om hul finansiële doelwitte te bereik, voel net 34% hulle het voldoende toegang daartoe, en net 35% beplan om nuwe kredietaansoeke in die komende jaar in te dien.
Vrydag het die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR) sy eie navorsing in dié verband vrygestel. Die verslag getiteld “The cost of living crisis from a Namibian perspective” wat deur Kitty Mcgirr saamgestel is, skets ook ’n donker prentjie vir verbruikers. Die koste van noodsaaklike goedere en dienste klim baie vinniger as inkomste en is vererger deur die uitbreking en nasleep van die Covid-19 pandemie, luidens haar bevindinge.
Nog voor dié krisis was die Namibiese ekonomie reeds gekenmerk deur ’n gebrek aan inklusiewe groei, beduidende ongelykhede en multidimensionele armoede. Die krisis het daartoe gelei dat inflasie in Namibië gestyg het – veral voedsel-, brandstof- en kragpryse het geklim. Invoerkoste het ook gestyg, met plaaslike besighede wat teen die eerste helfte van 2022 reeds tot 700% meer op invoere moes bestee as aan die begin van die vorige jaar.
Behuising is nou nog duurder as voorheen, volgens die Bank of Namibia (BoN) se finansiële volhoubaarheidverslag vir 2022, waarin die Namibiese Regulatoriese Owerheid vir Finansiële Instellings (Namfisa) aanmeld dat die gemiddelde Namibiese huishouding 9% op ’n verbandlening in 2020 bestee het, vergeleke met 17,8% in 2022. Die koste van boumateriaal het ook gestyg en minder bouplanne word goedgekeur, wat druk op beperkte huurgeleenthede verder vererger, luidens die navorsingsverslag.
Armoede bly toeneem in Namibië – met ’n 2020-skatting deur die Wêreldbank wat bevind het dat 1,6 miljoen van die land se burgers in armoede leef. Verder is dit die kwesbare groepe met die hoogste aantal mense wat in die armoede-kategorie val. ’n Afrobarometer-opnme van verlede jaar toon dat 56% van Namibiërs gereeld sonder basiese lewensnoodsaaklikhede moet klaarkom – 11% meer as in 2019. Dieselfde opname lig uit dat 64% van Namibiërs oor die betrokke jaar sonder kos moes klaarkom – waarvan 24% gereeld of altyd nie genoeg kry om te eet nie.
’n Opname wat Old Mutual in 2021 uitgevoer het, wys dat meer huishoudings lenings moet uitneem om kop bo water te hou, met 23,3% wat tussen Desember 2021 en 2022 op betaaldaglenings moes staatmaak.
Die mees betekenisvolle staatsingryping mag die verwagte verhoging van die drempel op inkomstebelasting in die 2024-’25-boekjaar wees – vanaf N$50 000 per jaar na N$100 000.
Die IPPR se aanbevelings sluit in meer doeltreffende staatsbesteding, meer ondersteuning vir arbeidsintensiewe landboupraktyke, verhoogde maatskaplike toelae, huurbeheer en buigsame grondbesit en die vestiging van ’n universele basiese inkomstetoelaag (BIG)-program.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie