Die minister van nywerheidsontwikkeling en handel Lucia Iipumbu. Foto argief
Die minister van nywerheidsontwikkeling en handel Lucia Iipumbu. Foto argief

Besighede moet sê wie vind baat

Bipa hersien tans oorspronklike wette
Die minister van nywerheidsontwikkeling en handel wil wetgewing wat van toepassing is op maatskappye en beslote korporasies wysig.
Augetto Graig
Maatskappye en beslote korporasies sal bewyse moet lewer van die individue wat deur die onderneming begunstig word; dit deur doeltreffende rekordhouding.

Die Wet op Maatskappye no. 28 van 2004 en die Wet op Beslote Korporasies no. 26 van 1988 word gewysig om dié aanpassing aan te bring.

Die minister van nywerheidsontwikkeling en handel, Lucia Iipumbu, het beide wetsontwerpe verlede maand in die parlement ter tafel gelê.

Sy sê wetgewing op maatskappye vorm die fondament vir die struktuur van die ekonomie, en dat korporatiewe ondernemings ’n kernpunt is in die vooruitgang en ontwikkeling van Namibië se ekonomie.

Internasionale tendens en voorstelle gemaak ná die hersiening deur die Oos- en Suider-Afrika-groep teen geldwassery en die taakmag vir finansiële aksie, saam met die veranderende sakeomgewing in Namibië en wêreldwyd, maak die veranderinge noodsaaklik, sê sy.

Die nuwe wetgewing sal die definisie van ’n “voordelige eienaar” bevat en verplig maatskappye en beslote korporasies om vir tot vyf jaar ná die ontbinding van die betrokke organisasie rekord te hou van die eienaars. Rekord moet ook by die registrateur van maatskappye op datum gehou word, en iemand in Namibië moet hierdie rekord bewaar, volgens die wet.

Die boete vir vals inligting in hierdie verband kan tot N$10 miljoen of tien jaar tronkstraf wees, volgens die wetsontwerp.

Volgens die minister is die Owerheid vir Sake- en Intellektuele Eiendom (Bipa) ook besig om beide oorspronklike wetgewings te hersien in ’n konsultasieproses wat nog tot die middel van die maand sal duur.

In terme van beslote korporasies erken sy dat die meerderheid Namibiërs beslote korporasies bo maatskappyregistrasie verkies aangesien reëls op beslote korporasies nie so streng is nie.

“Dit is nodig om te verseker dat entrepreneurs wat verkies om beslote korporasies te registreer ook voldoende en tydige beskerming moet geniet,” sê sy.

Volgens haar moet Namibiese wetgewing die groei, werkskepping, innovasie, stabiliteit, doeltreffende bestuur, vertroue en internasionale mededinging van plaaslike besighede bevorder.

Inligting met betrekking tot besighede, wat by die registrateur op rekord gehou word, is openbare inligting, alhoewel inligting beperk word oor spesifieke voordelige eienaars vir die publiek tot volle name en die mate van voordele wat hulle by die onderneming kry, volgens die wetsontwerp.

Inligting by die registrateur moet binne sewe dae van verandering opgedateer word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!