Namdeb sal nog tot 2042 diamante langs die suidkus kan ontgin. Foto argief
Namdeb sal nog tot 2042 diamante langs die suidkus kan ontgin. Foto argief

Blaaskans gee Namdeb nuwe lewe

Diamantmyne in Suide nog tot 2042 bedrywig
Die tydelike verligting in die betaling van tantième gee Namdeb die geleentheid om miljarde in sy bedrywighede te belê en om werk te skep.
Augetto Graig
Die ooreenkoms tussen die regering en Namdeb om dié diamantmynbouer toestemming te gee om tot 2025 net 50% van sy tantième aan die regering oor te betaal, laat Namdeb toe om sy langtermynplan uit te voer.

Dit volgens die nuutste ontleding van die impak van dié kwytskelding.

Die mynbouer is nou in staat om tot einde 2024 sowat N$1,3 miljard in bedrywighede te belê, het Namdeb gesê.

Oor tien jaar sal sowat N$3,037 miljard op bedryfskoste bestee word, volgens Namdeb se verwagting.

Die regering se tydelike verliese van sowat ’n miljard Namibiese dollar laat glo toe dat Namdeb oor die verlengde lewensduur van die diamantmyn aan die suidkus tot 2042, na verwagte N$159 miljard tot die Namibiese ekonomie sal bydra.

Verder word 1 500 permanente werksgeleenthede en 600 kontrakwerksgeleenthede beskerm, terwyl ’n bykomende 600 werksgeleenthede geskep kan word.

Namdeb se plaaslike aankope was verlede jaar N$3,185 miljard en oor die laaste nege jaar het die diamantmynbouer sowat N$17,192 miljard plaaslik bestee.

Sedert die aankondiging van die verlengde lewensduur is 488 nuwe poste geskep, insluitend 164 permanente werknemers en 324 kontrakwerkers.

Namdeb het op 14 Oktober 2021 sy langtermynplan vir die verlenging van die lewensduur van sy mynboubedrywighede aangekondig.

Die bestuur het die regering genader vir die blaaskans in die betaling van tantième om die lewensduur van die myn vir 20 jaar te verleng.

Volgens Namdeb sou die myn sonder dié vergunning van die regering verlede jaar sy deure moes sluit. Nou kan die regering verwag om ’n bykomende N$40 miljard oor die verlengingstydperk in te samel.

Namdeb verwag om 7,8 miljoen karaat diamante in die tydperk te ontgin om ’n inkomste van N$159 miljard te genereer.

Dit is veral goeie nuus vir Oranjemund wat meer tyd gegun word om onafhanklik van sy stigtersmyn te word.

Die ||Kharasstreek baat ook uit die volhoubaarheid van dié mynbou-onderneming. Namdeb is die oudste van die groep maatskappye wat deur die gelyke vennootskap tussen die regering en internasionale diamantreus De Beers gevorm is.

Volgens Namdeb het De Beers reeds die land met miljoene Namibiese dollars ondersteun, veral gedurende die Covid-19-pandemie. Die vennote werk saam om te verseker dat Namdeb se mynboubedrywighede ekonomies lewensvatbaar bly.

“De Beers belê steeds aansienlike kapitaal in die onderneming en sal as aandeelhouer voortgaan om bykomende kapitaal oor die verlengingstydperk van die myn te belê,” volgens Namdeb.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!