Bly net kalm, sê Geingob
Davos ’n reusesukses
President sê beleggingsmoontlikhede sal 'n werklikheid word.
President Hage Geingob het gister by Staatshuis terugvoering gegee oor die onlangse besoek wat hy na die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarvergadering in Davos, Switzerland, gelei het.
Geingob sê die geleentheid is gebruik om die land se voordele as beleggingsbestemming en die ambisie om die middelpunt vir die vervaardiging van groen waterstof in Afrika te word, ten volle te vertoon.
“Die goed georganiseerde Namibiese Huis was ’n goeie voorbeeld van wat ’n verenigde Namibiese volk kan vermag wanneer ons hande vat en saamwerk om een agenda te bevorder. Die privaat sektor het tot die verwesenliking van die Namibiese Huis bygedra, in die vorm van geldelike bydraes en in terme van inhoud,” het hy gesê.
Die Namibiese Huis was die perseel in Davos waar die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling (NIPDB) geleenthede gereël het om die land se beleggingsmoontlikhede en toekomsplanne voor te stel.
Die direkteur-generaal van die Beplanningskommissie, mnr. Obeth Kandjoze, was deel van die afvaardiging en sê meer as 140 besoekers het die Namibiese Huis per dag vir die weeklange forum besoek, waar sowat 43 vergaderings en 17 voorleggings gemaak is.
Geingob het onder meer met die visekanselier, mnr. Robert Habeck, vergader waar hy oor sy planne om Namibië te help om teen 2030 selfvoorsienend in terme van krag te word, uitgebrei het.
In ’n bespreking oor handel in Afrika het die presidente van Rwanda, Zimbabwe, Malawi, die visepresident van Tanzanië en die eerste minister van die Ivoorkus deelgeneem.
“Namibië se bespreking oor groen waterstof by die Namibiese Huis het daarna gevolg. Dit was vol bespreek, terwyl talle ingeloop en op die trap kom sit en meer as 400 mense aanlyn geluister het,” sê Geingob.
Hy sê daar is baie belangstelling en dring aan die pogings om Namibië te bemark, werp reeds vrugte af.
Beleggers is gretig om deel van die ontwikkeling van Namibië se onlangs ontdekte olie en groen waterstoef te word en die regering se planne om sintetiese brandstof te vervaardig, is reeds aan die gang, sê Geingob.
Namibië se minister in die presidensie, me. Christine //Hoebes, het as voorbeeld van belangstelling briewe van Fortescue Future Industries (FFI) se miljardêreienaar, mnr. Andrew Forrest, en Shell se hoof in Namibië, mnr. Dennis Zekvel, voorgelees.
Geingob sê beide Shell en Total het hul haas om Namibiese olie te ontgin, bekend gemaak. Forrest se brief wat Geingob op 2 Junie ontvang het, nadat hulle drie weke gelede in Switserland ontmoet het, dui die aanvraag aan.
“Namibiërs is ongeduldig,” sê hy, en hy verstaan die druk van omstandighede, maar “die vinnige reaksie van beleggers dui dat mense belangstel. Dit hang van ons af, en ek weet ons is deesdae bietjie stadig aangesien mense bang vir korrupsie is. Maar ek sê as jy nie korrup is nie, praat met die mense.”
Geingob het beklemtoon dat Hyphen Energie, die verkose bieër vir Namibië se eerste groenwaterstofontwikkeling, reeds werksgeleenthede adverteer om hul kantoor in die land te vestig.
“Dinge begin reeds. Ons mag nog wonderwerke vir julle gee. Bly net kalm,” het hy gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie