Craton het weer koper-koors
Hochfeld-myn weer onder die loep
Nog 'n reuse-kopermyn kan noordoos van Windhoek gebou word as 'n omgewingsklaringsertifikaat daarvoor goedgekeur word.
Die omstrede kopermyn op die plaas Omitiomire no. 439, sowat 140 km noordoos van Windhoek, en ongeveer 40 km suid van Hochfeld in die Khomasstreek, is weer in die soeklig.
Environmental Compliance Consultancy het onlangs aangekondig dat Craton Mining and Exploration weer aansoek wil doen om ’n omgewingsklaringsertifikaat vir dié projek.
Die maatskappy beplan ’n oopgroefmyn tot ’n diepte van sowat 250 meter, asook ’n verwerkingsaanleg, werkswinkels, water- en elektrisiteitsvoorsiening en bestuursinfrastruktuur, verwante ondersteuningsdiense en geriewe, akkommodasiegeriewe vir personeel en ’n gebied waar afvalrotse gestoor kan word.
Die akkommodasie sal glo ook ’n kombuis, eetsaal, ’n wassery, ʼn ontspanningsentrum. en moontlik sportvelde insluit.
Verder beplan Craton om die M53-pad en die Swart Nossobrivier te skuif om suid verby die mynperseel te loop.
Craton doen al sedert 2007 eksplorasiewerk wat dui op ’n minerale hulpbron van 105,5 miljoen ton erts met 0,59% koper, meestal in die vorm van koper en swaelafsettings.
Hulle verwag dat die myn sowat 100 metrieke ton erts sal lewer. Craton sê die erts sal ekonomies ontgin en behandel word met behulp van oplosmiddel-uitloging, om suiwer koper-katodes te vervaardig.
Die myn se lewensverwagting is 15 jaar.
Craton verwag dat die konstruksie van die myn sowat 24 maande sal duur, en sowat 700 werksgeleenthede sal skep. Wanneer die myn operasioneel is, verwag die maatskappy om sowat 600 mense op die myn in diens te neem, met nog werknemers by sy hoofkantoor in die hoofstad. Die perseel sal ook omhein word.
Water sal vanaf die Otavi-berglande via die NamWater-kanaalstelsel voorsien en gepomp word teen ongeveer 400 m3 per uur.
Elektrisiteit kan voorsien word deur ’n sonkragaanleg of deur toegang tot die bestaande NamPower-toevoer, volgens voorlopige dokumentasie vir die projek.
Craton het in 2015 teenstand tot ’n vorige omgewingsklaringsertifikaat ontvang toe twee buurplase kapsie daarteen gemaak het.
Destyds was daar ook ’n geskil tussen die familie wat die eienaars van Omitiomire was, en dit het ook volledige toegang tot die hulpbron belemmer.
Belanghebbers en geraakte partye is na ’n eerste openbare vergadering by die Namibië Wetenskapsvereniging môre om 18:30 in die hoofstad genooi. Op die plaas Groot Korasie Plaatz no. 440, by die Otjere-jagplaas, sal daar nog ’n openbare vergadering eerskomende Vrydag om 10:00 gehou word.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie