Ekonomie aan’t herstel ná pandemie
IMF voorspel geleidelike verbetering
Die VN waarsku dat kwesbare burgers beskerming en kos moet kry.
Ná die Covid-pandemie en die impak wat dit op Namibië se finansies gehad het, sal die diamantbedryf en mynbou die voortou neem in die plaaslike ekonomie se herstelproses.
Die pandemie het die armoedekoers na 20,2% in 2020 opgestoot, vanaf 15,9% die vorige jaar.
Dit volgens die Verenigde Nasies se fonds om ekonomiese groei en stabiliteit in die wêreldmark te bevorder.
“Die Namibiese ekonomie het drasties gekrimp, fiskale wanbalanse het toegeneem, en sosioëkonomiese ongelykhede is vererger weens die pandemie,” lui die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se nuutste verslag oor Namibië, wat onlangs vrygestel is.
Die IMF het finansiële hulp van sowat N$4,7miljard vir noodgevalle op 31 Maart 2021 aan Namibië goedgekeur - met nog ’n soortgelyke bedrag op 23 Augustus 2021 - en is tevrede met hoe die geld aangewend is, volgens die verslag.
KWESBAAR
IMF se uitvoerende raad verwag geleidelike ekonomiese herstel, maar waarsku egter dat die bruto binnelandse produk (BBP) se verwagte groei van 3,2% in 2023 - na vanjaar se groei van 3% - kwesbaar is.
Dit is noodsaaklik dat die regering kwesbare inwoners teen voedselonsekerheid moet beskerm weens hoër internasionale olie- en kospryse wat op die konflik in Oekraïne gevolg het, het die fonds se uitvoerende raadslede gesê.
Hulle verwag dat inflasie in 2023 sal versag, alhoewel die tekort in die land se lopende rekening steeds beduidend sal weens ’n kleiner inkomste van die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) en hoër uitgawes vir brandstofinvoere.
IMF se direkteure het gevolglik gevra vir regeringsbeleide wat ekonomiese stabiliteit - saam met inklusiewe groei om werkloosheid en ongelykheid te bekamp – sal bewerkstellig.
Terselfdertyd moet die regering se salarisrekening verminder, die invordering van belasting moet verbeter, en staatsondernemings moet hervorm word deur sterker openbare finansiële bestuur.
Hulle vra vir die meer doeltreffende bestuur van die Welwitschia Soewereine Fonds en dat die vertraging van inbetalings om nasionale skuld te delg en reserwes verbeter word.
Intussen moet die Bank of Namibia (BoN) se vermoë om noodlenings te kan bied, gevestig word en die raamwerk teen geldwassery moet versterk word.
Die regering waardeer die IMF se ondersteuning, volgens die uitvoerende direkteur, Willie Nakunyada, en sy adviseur, Abigail Nainda.
“As ’n klein, oop ekonomie het Namibië daarin geslaag om die ongekende skokke te trotseer en ’n fondasie vir ’n geleidelike herstelpad te lê,” skryf hulle.
PRESTASIE
IMF se woordvoerder, Nico Mombrial, het Namibië in nog ’n mediavrystelling van 15 Desember geprys vir sy doeltreffende finansiële inligtingsverspreiding.
Namibië voldoen aan die Spesiale Dataverspreidingstandaard (SDDS) en is die vyfde Afrikaland suid van die Sahara om dit reg te kry, volgens die vrystelling.
Bert Kroese, hoofstatistikus, databeampte en direkteur van die IMF se statistiekdepartement, het dié groot mylpaal in Namibië se statistiese ontwikkeling verwelkom.
“Ek wens die owerhede geluk met die aanneming van SDDS. Dit beklemtoon Namibië se sterk verbintenis tot deursigtigheid en is ’n beduidende prestasie in die implementering van internasionaal aanvaarde beste praktyke in statistiek en dataverspreiding.
“Hierdie prestasie sal Namibië goed dien, veral in hierdie vinnig veranderende en kwesbare wêreldomstandighede,” sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie