Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynwese, mnr. Veston Malango (heel links), en die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga (middel), by uitstallers van B2Gold. Foto Phillepus Uusiku
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van Mynwese, mnr. Veston Malango (heel links), en die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga (middel), by uitstallers van B2Gold. Foto Phillepus Uusiku

Ekspo kry gróót woema

Phillepus Uusiku
Phillepus Uusiku

Namibië se mynbou-ekspo en -konferensie, wat gister amptelik in Windhoek geopen is, bars met 103 uitstallers behoorlik uit sy nate, gretig ná die Covid-19-pandemie dié geleentheid vir twee opeenvolgende jare in die wiele gery het.

“Ons is terug met ’n knal!” het die president van die Namibiese Kamer van Mynwese, mnr. Hilifa Mbako, gesê.

Die ekspo, wat vandag ten einde loop, spog met 163 stalletjies van plaaslike en internasionale uitstallers. Dit is beduidend hoër as die 88 uitstallers en 136 stalletjies in 2019, die laaste keer dat die ekspo plaasgevind het.

Vanjaar se uitstallers sluit 11 maatskappye uit Suid-Afrika, asook SCAW Ltd van Zambië in. ‘n Afvaardiging uit Indonesië, insluitende die uitvoerende bestuur van die tinkonglomeraat, PT Timah Tbk, woon ook die ekspo by.

Volgens Mbako gesels Timah Tbk reeds met Uis Tin, ‘n myn wat deur AfriTin bedryf word. Die Indonesiese reus ondersoek voorts samewerkingsmoontlikhede, veral betreffende waardetoevoeging deur potensiële belegging in die smelt van tin in Namibië.

‘n Afvaardiging uit Finland neem ook aan die ekspo deel. Hulle het reeds myne in Erongo, soos Rössing Uranium en QKR Navachab, besoek.

Indië het ook sakelui na die ekspo afgevaardig.

GELEENTHEDE

Die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga, het in haar openingstoespraak gesê die ekspo volg ná maande van stygende brandstofpryse, ‘n faktor wat bedryfskoste verhoog. Hoër inflasie het ook tot verskeie verhogings in rentekoerse gelei.

“Die vraag is hoe skakel ons as mynboumaatskappye, reguleerders en beleidmakers dié uitdagings in geleenthede om – ongunstige toestande in gunstiges, probleme in oplossings, tuis én oorsee,” het Shilunga gesê.

Vanjaar se ekspo kom op ‘n geleë tyd. Dit skep ‘n platform vir rolspelers in die bedryf om van aangesig tot aangesig te ontmoet en die posisie van Namibië se mynbousektor vir hernude groei en uitbreiding op die post-Covid-spektrum te bespreek, het sy gesê.

Volgens Shilunga bring die herstel in kommoditeitspryse wêreldwyd hoop vir die mynbousektor.

“Die sektor behoort na meer eksplorasiebedrywighede en mynuitbreidings uit te sien. Dit sal uiteindelik to die skep van meer werkgeleenthede in die sektor lei,” het sy gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!