'Gee bewyse oor Xinfeng'
Ogone Tlhage - Die minister van myne en energie het doemprofete oor die Xinfeng-mynbouprojek uitgedaag om beweerde onreëlmatighede by dié maatskappy te bewys.
Volgens minister Tom Alweendo het sy ministerie tot op hede nog geen ongerymdhede gevind nie.
Dit kom midde beskuldigings dat die maatskappy by onwettige mynboubedrywighede naby Omaruru betrokke is.
Alweendo het die opmerkings op Uis gemaak waar hy met die gemeenskap vergader het wat beweer Xinfeng is skuldig aan mynoortredings in die gebied.
“Op ons rekords gebaseer op wat ons het, was daar geen onwettighede nie. Maar ek kan nie sê nie, miskien is daar iets verkeerd. Ek ondersteun nie onwettighede nie, maar dit moet bewys word,” het Alweendo gesê.
Volgens die minister is die gemeenskap se kommer geldig.
“Ons is van dieselfde oortuiging dat dinge reg gedoen moet word, ek stem saam. As julle daarop wys, dan is dit definitief iets wat ons wil regmaak, moenie weggaan en dink ons ondersteun onwettighede nie.”
Alweendo sê Xinfeng word ook nie met kinderhandskoene hanteer nie.
“Niemand is verhewe bo die wet nie. Ek ondersteun nie en laat ook nie onwettige praktyke toe nie. As daar dus onwettige aktiwiteite in mynbou is, moet dit nie toegelaat word nie,” het hy gesê.
Sy ministerie het vir regsadvies by die prokureur-generaal
Festus Mbandeka gaan aanklop oor die manier waarop die Chinese mynmaatskappy Xingfeng Investments Namibia sy lisensie verkry het om litium naby Uis in die Erongostreek te myn. Voorlopige ondersoeke het na bewering bevind die maatskappy het ’n wanvoorstelling van feite in sy aansoek gehad, iets wat Alweendo wil regstel.
Met die lisensie wat reeds uitgereik is en Xingfeng wat ook reeds litium vanaf Uis na China uitvoer, is die ministerie se hande afgekap. Dit is om dié rede wat die ministerie regsadvies gaan soek het by Mbandeka, die regering se hoofregsadviseur.
Xingfeng is verlede Donderdag oor die ministerie se voorlopige bevindinge ingelig en 30 dae gegee om op die beweringe te reageer. Xingfeng het teen die einde van verlede jaar hoofopskrifte gehaal toe beweringe gemaak is dat die maatskappy N$50 miljoen betaal het vir Orange River Mining se eksplorasielisensie vir litium op Uis.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie