No Image Caption

Huurbeheer is nodig in Namibië, sê IPPR

Brigitte Weidlich,Tanja Bause
Brigitte Weidlich - Die wet op huurbeheer moet vinnig geïmplementeer word om stygende huurkoste teë te werk en huurders teen uitbuiting te beskerm. Só versoek die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing (IPPR).

Die Amerikaanse vryskutbeleidsontleder en politieke konsultant van die IPPR, Kitty Mcgirr, het gesê die regering moet die instelling van buigsame grondbesit versnel om bekostigbare behuisingsopsies aan sy burgers te bied – veral dié wat ’n lae inkomste verdien. Dit om sodoende ekonomiese groei en die behuisingsektor ’n hupstoot te gee.

Baie Namibiërs vind dit moeilik om bekostigbare verblyf te kry gegewe die hoë huurkoste in die stede, aangesien dit voortdurend styg. Dit is ook feitlik onmoontlik vir meeste loonwerkers om hul eie woonstel of huis te koop.

Só het Mcgrirr einde verlede week tydens die voorlegging van haar verslag getiteld “The cost of living crisis from a Namibian perspective” gesê.

Sy het verduidelik die hoë huurbehuising in Namibië het gelei tot ’n groeiende gaping teenoor die gemiddelde loonverdienste.

“Die regering moet vinnig optree en die voorgestelde huurbeheerwet goedkeur sodat die reguleerder, die Huurbeheerraad, in werking gestel kan word,” het sy gesê.

Mcgirr het beklemtoon dié beheermaatreëls sal deurslaggewende beskerming aan huurders bied en hulle beskerm teen ekonomiese uitbuiting deur verhuurders. Die IPPR-verslag se aanbevelings sluit in meer doeltreffende staatsbesteding, meer ondersteuning vir arbeidsintensiewe landboupraktyke, verhoogde maatskaplike toelae, buigsame grondbesit en die vestiging van ’n universele basiese inkomstetoelaag (BIG)-program.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!