Kloue uit in fosfaatstryd
‘Kyk na wetenskaplike navorsing’
Die uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing sê die visbedryf en fosfaatontginning kan in harmonie saamleef.
Die Konfederasie van Namibiese Visseryeverenigings (CNFA) het hul standpunt teen die ontwikkeling van fosfaatmynbou op die seebodem in Namibiese waters benadruk.
In ’n vrystelling het die CNFA se voorsitter, mnr. Matti Amukwa, vir dr. Chris Brown, uitvoerende hoof van die Namibiese Kamer van die Omgewing (NCE), oor die kole gehaal oor sy openbare ondersteuning van die Sandpiper-ontwikkeling wat vir Walvisbaai geoormerk is.
Hy bevraagteken Brown se integriteit as iemand wat homself ’n omgewingskundige noem; sy onafhanklikheid van Namibia Marine Phosphate (NMP), die maatskappy wat die projek ontwikkel; sy kennis van relevante wêreldwye verwikkelinge; en sy aanvaarding van die werksgeleenthede en impak op Namibiese samelewing wat belowe word.
“Ja, dit is tyd vir ‘alle kloue uit’. Namibiërs veg vir ons oorlewing, en fosfaatmynbou het geen plek hier nie. Die CNFA sluit aan by die Social Justice Group en honderde duisende Namibiërs wat die permanente kansellering van die onverstandige en onsinnige strewe na mariene fosfaatontginning eis,” skryf hy.
Brown het by navraag sy posisie verdedig en volgehou dat fosfaatmynbou en die visbedryf saam in die Namibiese ekonomie en die land se natuurlike omgewing kan leef.
Brown hou vol daar is geen konflik tussen die visbedryf en die mariene fosfaatbedryf nie.
“Dié twee sektore kán langs mekaar werk sonder dat die een die ander beïnvloed. Al die wetenskapgebaseerde onafhanklike studies en onafhanklike resensies bewys dit,” sê hy.
Brown sê: “Mnr. Amukwa voer ’n Don Quixote [onpraktiese idealistiese]-stryd teen 'n denkbeeldige bedreiging wat nie bestaan nie. Asseblief meneer, moenie jou blind staar teen emosie en waninligting nie.
“Kyk na wetenskaplike navorsing wat onafhanklike wetenskaplike spesialiste en onafhanklike beoordelaars saamgestel het,” skryf Brown.
Brown sê hy is ’n omgewingswetenskaplike eerder as ’n omgewingskundige, wat nie standpunt teen alle ontwikkelings inneem nie.
Omgewingswetenskap “is op wetenskap en bewyse gebaseer. Omgewingswetenskaplikes weeg die ekologiese, maatskaplike en ekonomiese voor- en nadele teen mekaar op, en kom dan by 'n oorwoë standpunt uit oor wat goed vir die land in terme van volhoubare ontwikkeling is.
"Dit is hoe ek tot die siening gekom het dat die voorgestelde mariene fosfaatmynbou in mynlisensiegebied 170 'n goeie projek vir Namibië is,” sê Brown.
Hy sê die voetspoor van fosfaatmynbou in ML 170 is 34 vierkante kilometer oor 20 jaar, “gemiddeld 1,7 vierkante kilometer per jaar. Daarteenoor word die geraamde oppervlakte van die seebodem wat deur bodemtreilvissersvaartuie versteur word, op minstens 18 500 vierkante kilometer per jaar geraam.
“Ons siening is dat die impak van visvang ook ondersoek moet word as deel van ’n omgewingsimpakstudie (EIA) of 'n strategiese omgewingsbeoordeling, aangesien die werklike bedreiging vir die mariene ekosisteem en sy biodiversiteit duidelik van die vissektor kom,” kap Brown terug.
Die geskil duur voort te midde van die ministerie van die omgewing en toerisme se oorweging van die nuutste NMP-aansoek vir omgewingsklaring om met die Sandpiper-projek te begin.
Aanvaarding van insette in verband met dié aansoek het verlede Maandag geëindig.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie