Slote grawe en boorwerk duur buite Okombahe voort, waar daar by die Kokoseb projek vir meer goud gesoek word.
Foto wiagold.com.au
Slote grawe en boorwerk duur buite Okombahe voort, waar daar by die Kokoseb projek vir meer goud gesoek word. Foto wiagold.com.au

Kokoseb-goudprojek wek vertroue

Kan beduidende vonds wees
Die vorm van die afsetting lyk soos die snawel van die neushoringvoël wat in Khoekhoegowab as Kokoseb bekend staan.
Augetto Graig
WIA Gold het Maandag die Australiese aandelebeurs in kennis gestel om die status van uitstaande aandele in die onderneming te verander na gewone volledig-betaalde opsies. Die stap versterk die nie-uitvoerende direkteur Andrew Pardey en ander direksielede van die mynbou-eksplorasie onderneming se posisie ten opsigte van eienaarskap van die maatskappy. Dit volg op die vrystelling van WIA Gold 2024-jaarverslag aan aandeelhouers op 27 September. Besonderheide in die verslag dui vordering met eksplorasiewerk in die Ivoorkus aan, maar die hoogtepunt is egter die uitbreiding van die goudhulpbronskatting vir die Kokoseb-goudprojek wat sedert verlede jaar met 63% gegroei het tot 2,12 miljoen onse goud ondergrondse goud.

Kokoseb is geleë in die noordweste van Namibië in die Okombahe-eksplorasielisensiegebied wat WIA Gold (80%) saam met sy vennoot en staatsonderneming Epangelo (20%) besit. EPL 4818 is net 15km vanaf Okombahe en slegs 30 km vanaf Uis geleë, en lê noord tot noordwes van die suksesvolle Navachab-goudmyn en die komende groot Twin Hills-goudmyn wat volgende jaar gebou word. Osino Resources se Ondundu- en Eureka-afsettings is ook naby geleë.

In ‘n onlangse onderhoud het die uitvoerende voorsitter van WIA Gold, Josef El-Raghy aan Mining Review Africa (miningreview.com) gesê die aanvanklike grondanomalie wat daarop gedui het dat Kokoseb 'n beduidende goudvonds kan wees, is in die tweede kwartaal van 2021 geïdentifiseer.

"Die eerste boorwerk het vroeg in 2022 gevolg en in April daardie jaar het ons 'n eerste afgeleide mineralehulpbronskatting (MRE) van 1,3 Moz (miljoen onse) aangekondig. Vandag, ongeveer drie jaar nadat die eerste veldwerk begin is, het die hulpbron gegroei tot 2,12 Moz teen 1,0 g/t Au. Om by die punt te kom waar ons is, het ons sowat 47 000m se boorwerk voltooi en 12 loopgrawe van altesaam 1 189m gesny,” het hy gesê.

El-Raghy is self ‘n beduidende aandeelhouer in die onderneming en het in April vanjaar die leierskap by Pardey oorgeneem. Dit nadat hy voorheen uitvoerende hoof en voorsitter van Centamin was, die ontwikkelaar van die 450 kilo-ons Egiptiese goudmyn en een van die grootste in Afrika. Pardey bly ook deel van die WIA-raad en dien saam met mede nie-uitvoerende direkteure insluitend Mark Arnesen en Steven Michael op die raad

In die onderhoud sê El-Raghy die hoofgeoloog Pierrick Couderc het van WIA se Ivoorkus-projekte na Namibië gereis. Hy is deur Kokoseb oortuig dat meer ondersoek plaaslik nodig was. Teen die einde van 2021 was monsters van tot 1 gram per ton goud in die grond opgeteken. “Dit was duidelik dat ons 'n groot ontdekking op ons hande gehad het,” was El-Raghy aan Mining Review Africa gesê.

Ten spyte ‘n nuwe boorveldtog van 10 000 meter in die Ivoorkus het WIA Gold se fokus nou terug na Namibië geswaai, sê El-Raghy. Couderc lei nou plaaslik ‘n Namibiese korps van 40 en wat boorwerkers uitsluit om eksplorasieboorwerk om die boogvormige afsetting te probeer uitbrei. Die vorm van die afsetting lyk soos die snawel van die neushoringvoël, wat in Khoekhoegowab as Kokoseb bekend is, daarom die projek se naam.

Die uiteindelike oopgroefmyn word tans beoog om langs 4,8 km van die afsetting om te loop, alhoewel die goud moontlik in enige rigting en diepte opgespoor kan word. Boorwerk fokus op die omskakeling van skatting tot die kategorie vir aangeduide hulpbron en die groei van die hoeveelheid opgespoorde goud. Oor die komende maande sal die onderneming ook die grondslag lê vir nodige omgewingstudies, alhoewel lewensvatbaarheidstudies eers later in volgende jaar verwag word, sê El-Raghy. - [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-10-04

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

European Championships Qualifying: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle English Championship: Bristol City 0 vs 0 Sheffield Wednesday | Stoke City 6 vs 1 Portsmouth | Sheffield United 1 vs 0 Swansea City | Preston North End 3 vs 0 Watford | West Bromwich Albion 0 vs 1 Middlesbrough | Sunderland 2 vs 0 Derby County | Queens Park Rangers 1 vs 3 Hull City | Norwich City 1 vs 1 Leeds United | Luton Town 2 vs 2 Oxford United | Coventry City 3 vs 0 Blackburn Rovers | Cardiff City 1 vs 0 Millwall FC | Burnley 1 vs 0 Plymouth Argyle #N/A Currency: GBP to NAD 22.88 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.5 | USD to NAD 17.53 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.66 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.19 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.76 | USD to AOA 910 | USD to BWP 13.21 | USD to EGP 48.29 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1657.11 | USD to ZAR 17.54 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1869.13 Down -1.42% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14154.97 Up +0.93% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31720.5 Up +1.24% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 648.89/OZ DOWN -0.0026 | Copper US$ 4.58/lb UP +1.23% | Zinc US$ 3 201.50/T UP 2.54% | Brent Crude Oil US$ 78.73/BBP UP +0.31% | Platinum US$ 992.81/OZ UP +0.05% #N/A