Kort nuus uit die mynboubedryf

Augetto Graig
Kombat groei steeds

Mynbou in Namibië gaan van krag tot krag en verskeie voorbeelde van beleggings bestaan met meer ontwikkelingsgeleenthede in die vooruitsig.

’n Voorbeeld hiervan is die aankondiging verlede Dinsdag deur Trigon Metals se uitvoerende hoof, mnr. Jed Richardson, dat US$2,5 miljoen bewillig is om die Kombat-kopermyn verder te ontwikkel.

Die lening wat vanaf Sprott Mining bekom is, is ’n 180 dae-korttermynlening en sal eksplorasie en die boorprogram vir hulpbronontginning finansier. Dit terwyl produksie sedert einde verlede jaar gegroei het om vanjaar 3 500 ton koper te produseer, en tot 14 000 ton teen 2024.

Die hoogtepunte van die boorprogram is op 17 Mei gedeel, en sluit bewyse in dat die hulpbronuitbreiding van die sentrale put geregverdig is, asook die uitbreiding na ’n nuwe East 900-perseel na die ooste. Die wêreldaanvraag na koper sal na verwagting styg terwyl koperpryse onlangs begin toeneem het.

Bannerman koop Lofdal-aandele

Die Lofdal-projek vir die ontginning van seldsame aardmetale in die Kunenestreek se eienaar, Namibia Critical Metals, het verlede Maandag aangekondig dat Australië se Bannerman Energy ingestem het om 41,8%-aandeelhouding uit te koop.

Die ander vennoot is Japan Oil, Gas and Metals National Corporation (JOGMEC), wat in April verlede jaar reeds meer as US$2 miljoen aan eksplorasiekostes bestee het om sy opsie tot 40%-eienaarskap in die projek te realiseer.

JOGMEC het ook die opsie om vanaf April 2024 nog US$10 miljoen te belê om ’n bykomende 10% aan te koop, terwyl ’n verdere 1% die Japannese maatskappy US$5 miljoen sal kos om die meerderheidsaandeelhouer te word.

“Die Lofdal-projek is geoormerk om disprosium en terbium te produseer; twee van die mees strategies belangrike metale op die planeet. Ons blootstelling aan hierdie toekomstige produksie, deur 'n strategiese aandeelhouding in Namibia Critical Metals, is in pas met Bannerman se Etango-projek, 'n wêreldwye korttermynverskaffer van uraan op groot skaal,” het mnr. Brandon Munro, Bannerman se uitvoerende direkteur, oor die transaksie gesê.

Uis kry litiumaanleg

AfriTin se Uis-tinmyn maak gereed om litium as ’n byproduk te vervaardig, en het reeds ’n monster van 11 ton versamel om in Australië te laat verwerk, en na moontlike kliënte te begin versprei.

Die maatskappy se uitvoerende hoof, mnr. Anthony Viljoen, het verlede Dinsdag die toetsuitslae bekend gemaak, wat aandui die erts wat reeds gemyn is, bevat ook ’n suiwer litiumbron.

“Ons is verheug om die resultate van die eerste fase van litiumtoetse vir die Uis-myn aan te kondig, wat die potensiaal vir die vervaardiging van ’n hoëgehalte petaliet-litiumkonsentraat uit ons litiummineraalbron toon,” volgens Viljoen.

“Dié positiewe resultate stel ons in staat om te vorder na die ontwerp en konstruksie van ’n litium-loodsaanleg by Uis.”

Petalietkonsentraat word hoofsaaklik aan die tegniese mark verkoop, as grondstof in die glas- en keramiekbedryf.

Die ondernemings wat petaliet in battery-graad litiumkarbonaat kan omskakel, rig ook navrae weens die toenemende wêreldwye vraag na litium en die gehalte van Uis se litium.

Viljoen het die beduidende inkomstepotensiaal van litium vir die Uis-myn beklemtoon. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!