BURSTING WITH POSSIBILITY: The //Karas Region offers multimillion-dollar investment opportunities. PHOTO: FILE
BURSTING WITH POSSIBILITY: The //Karas Region offers multimillion-dollar investment opportunities. PHOTO: FILE

Landbou bied goeie belegging in ||Kharas

Bedryf raak meeste Namibiërs
Die streek is gereed om landboubeleggings van nagenoeg N$900 miljoen te ontvang.
Ogone Tlhage
Die ||Kharasstreek bied talle beleggingsgeleenthede in ‘n aantal sektore, lui ‘n verslag oor dié streek wat onlangs uitgereik is.

Die streek staan tans gereed om beleggings in die landbousektor van altesaam bykans N$900 miljoen te ontvang, het First Capital in ‘n ekonomiese profiel oor Keetmanshoop en die streek, opgemerk.

“Daar is ‘n magdom geleenthede in die streek wat ‘n opbrengs op beleggings kan genereer. Hierdie geleenthede is hoofsaaklik in die energie-, vervaardigings- en landboubedryf,” lui die verslag.

Beleggings wat vir die dorp en die groter ||Kharasstreek geoormerk is, sluit onder meer geleenthede in landbou, hernubare energie, openbare dienste in die gesondheid- en onderwyssektore, behuising, om erwe te diens, watervoorsiening, instandhouding van openbare bates en vervoer en logistiek in.

MOONTLIKHEDE

Landbouprojekte, hoewel onbeduidend in waarde vir ander potensiële beleggingsgeleenthede – insluitend die regering se groenwaterstofprojek – oorheers ‘n lys van geleenthede wat deur die fondsbestuurder gelys word.

“Die Tandjieskoppe-groenskemaprojek beslaan 960 hektaar ongerepte grond. Die gewasse wat gebruik is om die waterbehoefte en tipes besproeiingstelsels te bereken, was dadelpalms, tafeldruiwe en verskeie kontantgewasse, insluitend groente en aromatiese plante,” het First Capital geskryf.

Dié projek is tans op ys.

Nog ‘n beleggingsgeleentheid is die ontwikkeling van ‘n beesvoerkraal in die streek teen sowat N$149 miljoen.

“Die landbousektor is sentraal in die meeste Namibiërs se lewens. Dit ondersteun meer as 70% van die bevolking – direk of indirek. Die sektor se bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) is egter onbeduidend, relatief tot die bydrae deur sektore soos mynbou en kleinhandel. Onder die verskeie faktore wat hiertoe bydra, is die gebrek aan waardetoevoeging in die sektor en die oormatige afhanklikheid van eksterne markte,” lui die verslag voorts.

SKEP NUUT

Nog ‘n geleentheid wat uitgestaan het, was die potensiaal om op groot skaal met karakoelskape in die Karasburg-omgewing te boer, het First Capital gesê.

“Daar word op groot skaal met karakoelskape geboer. Nuwe nywerhede – hoofsaaklik melkproduksie, vleisverwerking en klere – kan geskep word. Die munisipaliteit het 88 kampe, elk tussen vier tot vyf hektaar, beskikbaar om aan beleggers of boere teen N$2 per vierkante meter te verhuur.

“Kampe wat langs die Karasburg-pad geleë is, kan baat by waterpunte wat langs die pad aangebring is. Boonop het die munisipaliteit grond van 50 hektaar vir stedelike landbouprojekte gebruik,” het die verslag vermeld.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!