Marktoegang moet getakel word, sê adjunkminister
“Ons moet seker maak dat ons marktoegang takel, daarom het ons mense in verskeie sektore betrek om as mentors vir jongmense op te tree. Hulle sal die jong entrepreneurs help om bemarking en markvooruitsigte te verstaan.”
Só het die adjunkminister van sport, jeug en nasionale diens, Emma Kantema-Gaomas, gister tydens ’n kabinetsinligtingsessie by die regering se inligtingsentrum (GIC) gesê.
Sy het ook aangekondig dat die ministerie N$10 miljoen geoormerk het om jong entrepreneurs in sakebestuur op te lei, asook dat N$8 miljoen geoormerk is om die sakeplanne van 28 jong entrepreneurs gedurende die boekjaar op te stel.
Volgens die adjunkminister sal ooreenkomste vir vrye handel van deurslaggewende belang wees om die jeug se ondernemings suksesvol te maak.
“Ons is ’n land van 3,1 miljoen [mense] en besigheid gaan oor getalle, so ons moet daaraan werk om internasionale handel te bevorder,” het sy gesê.
Sy het ook die Afrika-kontinentale vryhandelsgebied (AfCFTA) geprys vir protokol wat in plek is vir handel wat deur vroue en jeug gedryf word.
Kantema-Gaomas het bygevoeg haar ministerie hoop om hul vermoë op te skerp om skuld in te vorder om hul leningstrategie so doeltreffend as moontlik te maak.
“Ons is besig om ’n strategie saam te stel om geld wat ons uitleen in te vorder,” het sy gesê.
Die deurlopende monitering en evaluering van ondernemings wat voordeel getrek het uit die ministerie se finansiering, is volgens haar ook ’n belangrike deel van hul werk, want dit stel die ministerie in staat om ondernemings aanspreeklik te hou vir die geld wat die ministerie verskaf het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie