Meer geld vir president se kantoor

56% meer as vorige boekjaar
Intelligensiedienste ontvang N$324,2 miljoen en NIPDB meer as N$120 miljoen.
Augetto Graig
Die kantoor van president Hage Geingob se totale begroting vir die finansiële boekjaar ontvang ’n stewige inspuiting van 56%, vanaf N$613,5 miljoen in 2022, tot N$956,58 miljoen vir 2023-’24.

Die minister in die presidensie, Christine ||Hoebes, was aan die woord in die Nasionale Vergadering (NV) tydens die motivering van die begrotingstoekenning vir die president se kantoor.

Sy het dié besluit geregverdig deur te sê die verantwoordelikheid van die departement vir regeringslugvaartdienste en vir streekgoewerneurs val nou direk onder die president se kantoor.

Dié verantwoordelikhede is onderskeidelik vanaf die ministerie van werke en vervoer, en die ministerie van stedelike en landelike ontwikkeling, oorgeneem.

Die begroting vir die president se kantoor is N$116 miljoen vir die boekjaar tot 2024, asook N$474 miljoen vir administrasie, insluitend N$324,2 miljoen vir die Sentrale Intelligensiediens van Namibië (NCIS).

Groot geld word ook vir die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) tersyde gesit, wat hierdie boekjaar meer as N$120 miljoen ontvang vir hoofsaaklik deelname aan internasionale geleenthede, en verkryging van digitale stelsels.

Die regering se lugvaartdienste ontvang N$162,4 miljoen om die president en ander baie, baie belangrike persone (BBP’s) veilig te kan vervoer.

Die kantoor van die visepresident ontvang ongeveer N$17,3 miljoen, en die streekgoewerneurs N$54,8 miljoen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!