Die EU se ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila. Foto Augetto Graig
Die EU se ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila. Foto Augetto Graig

’n Hupstoot vir gehaltebeheer

Kenners besoek NSI
Die EU ondersteun Namibië se pogings om infrastruktuur vir gehaltebestuur te vestig.
Augetto Graig
Een van die hedendaagse uitdagings, volgens Sikongo Haihambo, uitvoerende direkteur van nywerheidsontwikkeling en handel, is die voortdurende stryd om die gehalte van goedere en dienste te verseker.

“Deur op die ontwikkeling van ons nasionale gehalte-infrastruktuur te fokus, kan Namibië saam met ander lande uitdagings meer doeltreffend takel, sterker handelsbande met ander lande bou; en burgers en gebruikers beter beskerm en bevoordeel,” sê hy.

Haihambo het klem gelê op die toepassing van die Nasionale Gehaltebeleid (NQP) wat verlede jaar bekend gestel is.

Kenners van Duitsland en Swede is vandeesweek in Windhoek om saam met die beamptes van die Namibiese Instituut vir Standaarde (NSI) te werk met die doel om Namibië se infrastruktuur vir gehaltebeheer te bevorder.

Die infrastruktuur om die gehalte van goedere en dienste te bestuur, is van kardinale belang vir die toeganklikheid en handel tussen Namibië en die lidlande van die Wêreldhandelsorganisasie (WTO).

Volgens die Europese Unie (EU) se ambassadeur in Namibië, Sinikka Antila, is ’n slypskool wat Dinsdag by die Safari Hotel aangebied is, ’n hoogtepunt van ’n tweejaarprogram ter waarde van €1,6 miljoen (N$31,8 miljoen).

Die program bevorder die samewerking tussen Namibiese beamptes en hul eweknieë van Duitsland en Swede.

“Die projek het ten doel om die NSI se vermoë om sy mandaat uit te voer en Namibië se betrokkenheid by internasionale handel, uit te brei,” het sy gesê.

Die ambassadeur sê tenders vir laboratoriumtoerusting word geëvalueer om NSI se dienste uit te brei.

“Die NSI is ’n instansie van uitnemendheid,” volgens Antila.

Die algemene bestuurder vir standaarde en die waarnemende bestuurder vir akkreditasie by die NSI, Jekonia Haufiku, het gesê Namibië moet sedert 1995 aan die vereistes van internasionale ooreenkomste met handelsvennootlande voldoen.

Die implementering van die gehaltebeleid van 2020 is weens Covid-19 vertraag, maar teen 2025 moet die nasionale strategie vir standaarde saam met die raamwerk vir gehalteversekering en tegniese regulasies voltooi wees, sê hy.

’n Driejaarplan om standaarde te reguleer, moet geïmplementeer word, terwyl wetgewing vir ’n regulerende owerheid ontwikkel word.

Wetgewers moet die NSI nader om saam standaarde daar te stel wat later gemeet en gesertifiseer kan word, voeg hy by.

Die kantoor vir tegniese regulasies in die ministerie moet uitgebrei word en ’n WTO-inligtingspunt en aanmeldingskantoor moet gevestig word.

Intussen moet kapasiteit uitgebrei word.

“NSI-inspekteurs moet die onvoldoende vermoë oorkom om chemikalieë te toets, en selfs sement word tans nog na Suid-Afrika gestuur om getoets te word. Met verbeterde infrastruktuur sou ons dit self kon toets,” sê hy.

Karolina Zurek, beleidsadviseur vir Swede se handelsraad, en Helle Sörensen, senior ontleder vir Swede se raad vir akkreditasie, het ’n voorlegging gedoen om die infrastruktuur vir ’n globale gehalte-netwerk uiteen te sit.

Hulle het rolspelers oor die totale netwerk nodig om vertroue uit te brei, en om veiligheid, verhoogde handel teen ’n laer koste, en ’n balans in beleidsdoelwitte te bevorder.

Rolspelers moet saamwerk om aan regulasies te voldoen, vir gelykvormigheid, om standaarde te handhaaf en die voldoening aan metrologie te bevorder, volgens Zurek en Sörensen.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!