Die boubedryf roep sedert 2006 vir 'n bouraad om regulasies af te dwing, tevergeefs.
Foto argief
Die boubedryf roep sedert 2006 vir 'n bouraad om regulasies af te dwing, tevergeefs. Foto argief

‘Namibië het dringend ’n bouraad nodig’

Wetsontwerp kom tot ’n halt by kabinetskomitee
Die boubedryf ly glo onder die feit dat 'n regulerende wet en -liggaam steeds nie gevestig is nie.
Augetto Graig
Die boubedryf wag sedert 2006 vir die stigting van ’n bouraad om regulasies en standaarde in dié sektor toe te pas, met die hoop vir vanjaar wat vinnig wegkwyn.

In ’n onlangse verklaring doen die uitvoerende hoof van die Federasie vir die Konstruksiebedrywe van Namibië (CIF), Bärbel Kirchner, ’n beroep vir die dringende stigting van ’n nasionale bouraad.

Sy beklemtoon die nadelige gevolge van die gebrek aan ’n afdwingbare regulatoriese raamwerk.

“Dit is heeltemal belaglik. Indien nie nou nie, wanneer sal ons dan ’n bouraad in ons land kry?” het sy gevra.

“Die gebrek aan toesig het gelei tot kommer oor swak vakmanskap, onvoltooide projekte en wantoewysing van hulpbronne, wat die dringende behoefte aan nywerheidsregulering beklemtoon.

“Die CIF kan instaan vir sy lede, wat ’n gedragskode moet nakom. Daar is egter talle besighede in Namibië wat nie lede van CIF is nie, wat om daardie rede nie gemonitor word nie,” sê sy.

Volgens Kirchner het verskeie topleiers in die regering voorheen tevergeefs die nodige wetgewing vir die stigting van die raad gesteun.

Die verklaring verwys spesifiek na die ondersteuning wat die minister van werke en vervoer, en nou adjunk- eerste minister, John Mutorwa, aan die vordering van die wetgewing gegee het.

MINISTER REAGEER

Mutorwa het gister by navraag gesê dat die wetsontwerp twee jaar gelede “van sy kantoor weg is”.

“Ek is ook gefrustreerd,” sê hy, “maar die oponthoud is nie by ons nie.”

Mutorwa sê hy het die wetsontwerp na die kabinet geneem en in beginsel goedkeuring gekry, voor dit na die kabinetskomitee oor wetgewing verwys is.

Hy sê volgens prosedure moet dit van daar na die wetsopstellers verwys word, voor die prokureur-generaal ook goedkeuring moet gee.

“Maar die wetsontwerp is nog by die kabinetskomitee, reeds vir twee jaar, en hulle het nog nooit ’n vergadering belê sodat ons die wetsontwerp kan finaliseer nie,” voeg hy by.

In 2016 het die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila, gesê: “Die regering is besig met die formulering van die Namibiese beplannings- en die konstruksiewetsontwerp. Die wetsontwerp maak onder meer voorsiening vir die stigting van die Namibiese Beplannings- en Bouraad, en vir die registrasie van rolspelers in die konstruksiebedryf.

“Die wetsontwerp, sodra dit as wet aanvaar is, sal die regering se pogings om hierdie belangrike sektor te ondersteun, beduidend versterk.”

Kirchner sê die wetsontwerp is reeds in die parlement ter tafel gelê, en word sedert verlede jaar deur die kabinetskomitee oor wetgewing hersien, maar vordering het daar gestop.

“Vertragings met die indiening van die wetsontwerp vir parlementêre oorweging stel ’n wesenlike struikelblok vir bedryfshervorming en vooruitgang,” sê sy.

As die regulerende liggaam vir die konstruksiebedryf sal die bouraad ’n register hou van alle konstruksiemaatskappye, wat geklassifiseer sal word om te verseker dat tender- en projekvereistes in pas is met die vermoëns van plaaslike maatskappye.

“In die lig van die potensiële werk wat in die pyplyn is, wanneer ons die nodige infrastruktuur vir groen waterstof, olie en gas oorweeg, is dit van uiterste belang dat ons bedryf beter gereguleer word.

“Dit sal nie net help om die algehele kapasiteit in ons bedryf te verstaan nie, maar dit sal ook help om ons eie vermoëns te handhaaf en verder te ontwikkel.

“Dit kan ook help om die kwaliteit van projekte te verseker en dat projekte behoorlik en betyds uitgevoer word,” sê Kirchner.

“Ons bedryf kry nie die nodige ondersteuning van die regering nie,” sê sy.

AGTERSTAND

Die minister van justisie, Yvonne Dausab, het gister by navraag die agterstand van wetsontwerpe wat deur die kabinetskomitee hersien word, erken, veral ná die ontwrigting wat deur die pandemie veroorsaak is.

“Ons het elke poging aangewend om soveel moontlik komiteevergaderings te belê, waarvoor ’n kworum nodig is. Jy kan jouself ook voorstel dat binne ’n verkiesingsjaar is die kalender oorlaai, maar ons probeer prioritiseer.

“Boonop is die lynministerie hoofsaaklik verantwoordelik vir die indiening van die kwessie by die kabinetskomittee en om te verseker dat die wetsontwerp gereed is om voor die parlement ter tafel gelê te word,” het sy uitgebrei.

Die parlement is sedert 19 September in reses ter voorbereiding van die komende nasionale en presidensiële verkiesings in November.

Die tiende sitting van die parlement sal na verwagting op 28 Oktober hervat.

“Die probleem daarmee is dat ons van voor af sal moet begin sodra die nuwe regering in Maart 2025 tot stand kom,” sê sy.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A