Namibië maak reg vir energiebron-inkomste
Die minister van myne en energie, mnr. Tom Alweendo, sê die druk wat ontwikkelde lande op Afrika plaas om na hernubare energie oor te skakel, is onregverdig en selfsugtig.
“Hulle lok ons in ’n energie-oorgangstrategie in wat hulle volgens hul omstandighede bepaal het,” sê hy.
Alweendo beskuldig ontwikkelde lande van ʼn neerhalende ingesteldheid wat nie die energie-armoede in Afrika in ag neem nie.
“Om Afrika te druk om vorentoe te beweeg met ’n oorgang in energie op enige ander rooster as ons eie, is net nog ’n voorbeeld van die gebrek aan respek wat die wêreldgemeenskap vir Afrika se prioriteite het,” sê hy.
Alweendo aanvaar dat Afrika, en Namibië, kwesbaar is vir klimaatsverandering, maar hy sê Namibië het die reg om van al sy natuurlike hulpbronne gebruik te maak.
Die minister was ’n gasspreker by die Bank of Namibia (BoN) se 23ste jaarlikse simposium, wat vir 2022 kyk na die maksimalisering van ekonomiese groei uit hernubare en niehernubare energiebronne in Namibië.
Die goewerneur van die sentrale bank, mnr. Johannes !Gawaxab, het die geleentheid geopen en gesê deur die toepaslike bestuur en toewysing van inkomste vir olie, gas en groenwaterstof, “kan ons land ekonomiese diversifikasie bevorder en sodoende die basis vir hoër en stabiele groei bou.”
Hy waarsku egter ook: “Daar is baie voorbeelde oraloor die wêreld waar ontwikkelende lande meevallers uit olie en gas verkry het, maar het uiteindelik armer as voorheen opgeëindig. Ons moet die hulpbronvloek te alle koste vermy,” sê hy.
Alweendo sê die mense van Afrika dring aan op hoër opbrengste van die vasteland se hulpbronne.
Hulle soek ʼn verhouding met die beleggingsgemeenskap wat gebou is op gedeelde ekonomiese voordele, sê hy.
“Hulle glo dat besighede, terwyl hulle wins maak, moet streef om ’n meer positiewe impak op die samelewing se welstand te maak,” sê hy.
“Dit sal slegs gebeur wanneer beleggings in ons natuurlike hulpbronne ’n verbintenis en beleggingsplan insluit om die lewensomstandighede van die gemeenskappe waarin ons werksaam is, te verbeter. Hierdie plan moet insluit die voorsiening van ordentlike werksgeleenthede, met respek vir plaaslike en gemeenskapskulture en gebruike en ook om jouself as ’n korporatiewe lid van daardie gemeenskap te sien en by te dra tot die breër vooruitgang van die gemeenskap,” brei hy uit.
Volgens die minister is Namibië uniek weens die onlangse olie-ontdekking saam met hernubare energiehulpbronne wat die land besit.
“Dit is ons voorneme om ons fossielbrandstofbronne te benut, insluitend aardgas, vir ons huishoudelike, streek- en vastelandbehoeftes. Ons sal dit doen en terselfdertyd ook ’n florerende hernubare energiebedryf bou, wat sal help met klimaatsverandering,” sê hy.
Dr. Petter Nore van die Nord Universiteit in Noorweë, het uitgebrei oor die lesse wat geleer kan word uit hoe sy land die wêreld se grootste soewereine fonds uit die opbrengs van hul oliehulpbron gebou het.
Hy sê daar is sewe punte wat Namibië moet regkry om die beste uit sy hulpbronpotensiaal te verkry.
Dit is dat Namibië bevoegde en verantwoordbare instansies moet bou, duidelike besluite geneem moet word oor wat die nasionale oliemaatskappy mag doen en nie mag doen nie, terwyl inkomste van hulpbronne doeltreffend ingevorder moet word. Namibië benodig goeie inkomstebestuur insluitend ʼn doeltreffende wetlike regime, doeltreffende administrasie, volhoubare beleide en bestuur van die Welwitschia Sowereine Welvaartfonds.
Verder moet Namibië plaaslike inhoud vergroot, gesondheid, die omgewing en klimaatsverandering in elke stap van die waardeketting handhaaf, en verseker vaardighede en kennis word tot voordeel van sy burgers oorgedra, sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie