2026 WILL DICTATE: Mines minister Tom Alweendo (left) and De Beers’ co-chairperson Bruce Cleaver (right).
2026 WILL DICTATE: Mines minister Tom Alweendo (left) and De Beers’ co-chairperson Bruce Cleaver (right).

Namibië wil meer diamante self verkoop

De Beers-ooreenkoms verstryk in 2026
Namibië verkoop tans net 15% van alle diamante wat hier ontgin word.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage – Namibië sal binnekort daarop aandring om ’n groter hoeveelheid van die diamante wat deur sy gesamentlike onderneming met De Beers verwerk word, te verkoop.

Só het Tom Alweendo, die minister van myne en energie, verlede week gesê. Dié stap kan tot ’n moeiliker onderhandelingsproses lei wanneer die verkoopsooreenkoms in 2026 verstryk.

Namibië verkoop tans net 15% van alle diamante wat ontgin word, terwyl die oorblywende 85% verkoop word saam met ander diamante wat in ander lande ontgin word.

“Ons mening is dat ons die inkomste wat ons kry, moet verhoog. In terme van produksie is dit eintlik nie inkomste nie. Hoeveel van die produksie kan ons neem en self verkoop, pleks daarvan om alles in ’n pot te verkoop?” het Alweendo gevra tussenin die verrigtinge van ’n skakelgeleentheid met sy Angolese eweknie, Diamantino de Azevedo.

Terwyl Namibië tevrede is met sy huidige ooreenkoms met De Beers, sal dieselfde nie noodwendig in 2026 van toepassing wees nie, het die minister gesê.

“Ons sê op die oomblik neem ons 15%; daarom, volgende keer wanneer ons hierdie reëling hersien, moet ons daardie 15% na iets anders verhoog.”

VERANDERINGE

Ingevolge Namibië se huidige ooreenkoms met De Beers word N$7,86 miljard se ongeslypte diamante sedert 2016 jaarliks aan kliënte van die Namibia Diamond Trading Company (NDTC) aangebied.

Tydens ’n vergadering met president Hage Geingob in Maart vanjaar het Bruce Cleaver, medevoorsitter van De Beers se direksie, die ooreenkoms met die regering verdedig.

“Die ooreenkoms wat ons in elke land het, is billik teenoor albei partye. Ek is vol vertroue dat ons ooreenkomste oraloor die wêreld regverdig teenoor De Beers en ons gasheerlande is en ons in staat stel om in die toekoms te belê,” het hy gesê.

Cleaver se opmerkings volg op Botswana se president, Mokgweetsi Masisi, se vrese dat sy land se winsdelingsooreenkoms met die diamantmaatskappy dalk moet verander.

“Daar is enorme skaalbare potensiaal vir die winsdelingsmodel wat Botswana en HB Antwerpen ontwikkel,” het hy in September verlede jaar gesê.

“Die manier waarop ontginningsnywerhede met Afrika-regerings omgaan, moet fundamenteel verander.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!