Foto argief
Foto argief

NamRA beloof belastingterugbetalings

Tanja Bause
Die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA) het aangekondig hy beplan om belastingterugbetalings uit te betaal. Die terugbetalings is vir 25 Desember geskeduleer en 63 150 individuele belastingbetalers en pensioenarisse sal hierby baat. NamRA het dié aankondiging onlangs in ’n mediaverklaring gemaak.

In ’n poging om die agterstand in hangende terugbetalings te takel, het NamRA risikoparameters bepaal en die drempel per belastingbetaler noukeurig bereken, wat daartoe gelei het dat 91 092 belastingopgawes verwerk is. Die agentskap het ’n reeks innoverende maatreëls geïmplementeer om die terugbetalingsproses te bespoedig – wat ’n deeglike ondersoek van risiko-assessering, algemeen aanvaarbare risikodrempel en ’n outomatiese terugbetalingsproses behels.

Hierdie benadering het NamRA in staat gestel om ’n aansienlike aantal terugbetalings ter waarde van N$66 805 594,15 – wat vanaf 1991 tot 2023 strek – te maak. Die laagste uitbetalingsbedrag is N$100 terwyl die hoogste bedrag N$101 959,61 is.

Altesaam 8 137 belastingbetalers wat ’n terugbetaling moet ontvang het nie bankbesonderhede wat op hul profiele gelys is nie en daarom sal die uitbetalings nie deurgevoer kan word nie. NamRA doen gevolglik ’n beroep op alle belastingbetalers – veral diegene wat terugbetalings moet ontvang – om dringend hul rekeningbesonderhede te verskaf. Alle navrae en kommunikasie in dié verband moet per e-pos na [email protected] gestuur word.

Die agentskap het uitgelig dat belastingbetalers wie se werkgewers nie die verpligte lopende betaalstelsel (LBS) betaal het nie of ’n betalingsreëling aangegaan het wat vir ten minste ses maande nagekom is, nie by dié fase van terugbetalings ingesluit sal word nie.

- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!