NamRA het altesaam N$45,1 miljard se belasting oor vyf maande ingevorder. Foto argief
NamRA het altesaam N$45,1 miljard se belasting oor vyf maande ingevorder. Foto argief

NamRA vat korporatiewe belastingontduikers vas

Altesaam N$45,1 mjd. oor vyf maande ingevorder
Sowat N$7 miljard meer belasting is glo ingevorder in vergelyking met verlede jaar.
Ogone Tlhage
Die instelling van ’n belastingnakoming- en afdwingingstrategie het verseker dat die belastingowerheid miljoene se inkomste kon verhaal, wat weens belastingontduiking en -vermyding verlore was.

Die kommissaris van die Namibiese Inkomste-agentskap (NamRA), Sam Shivute, het dit gister tydens ’n inligtingsessie oor die agentskap se prestasie gesê ná die invordering van ongeveer N$45,1 miljard se belasting vir die tydperk vanaf 1 April tot 30 September.

“As ’n mens na die belastingaanpassings kyk, is dit net sowat N$646 miljoen; daar is egter ander areas vir belastinginvordering,” het hy gesê oor die inkomste wat verlore gaan weens die aanpassings in belastingkerwe deur die ministerie van finansies en staatsondernemings.

“Ons het ’n nakoming- en versterkingstrategie ontwikkel en daar was sekere sektore wat nie bygedra het nie.

“Daar is sommige sakeondernemings wat jaar na jaar verliese verklaar; weens die strategie betaal hulle in die omgewing van N$100 miljoen, N$200 miljoen, so ons is nie bekommerd nie.

“Ons is bly daar was ’n mate van belastingverligting,” het Shivute gesê oor die agentskap se pogings om belasting in te vorder wat aan die staat verskuldig is.



N$7 MILJARD MEER

Oor die belasting wat ingevorder is, het hy gesê NamRA kon vanjaar sowat N$7 miljard meer invorder, vergeleke met dieselfde tydperk (1 April tot 30 September) verlede jaar.

“Ons is bly om terug te rapporteer dat NamRA ’n netto bedrag van N$45,1 miljard vanaf 1 April tot 30 September ingevorder het.

“Dit verteenwoordig ’n toename van N$7,1 miljard teenoor dieselfde tydperk verlede jaar, waar N$38 miljard teen September 2023 ingesamel is,” het Shivute gesê.

“Hierdie invordering is gelykstaande aan 52,87% van die inkomsteteiken van N$85,3 miljard wat vir die huidige finansiële jaar gestel is, wat ons volgehoue ??pogings beklemtoon om inkomste-invordering en belastingnakoming oraloor die land te verbeter,” het hy bygevoeg.



AMNESTIE

Shivute het daarop gewys dat die sperdatum vir die belasting-amnestieprogram, wat op 31 Oktober eindig, nie verleng sal word nie – ondanks wydverspreide openbare pleidooie.

“Met slegs 14 dae oor voor die amnestie-sperdatum, doen ons ’n beroep op alle belastingbetalers om hierdie laaste geleentheid te benut.

“Ons kantore is landswyd oop en ons personeel is gereed om belastingbetalers by te staan ??om hul opgawes in te dien en om aansoek vir amnestie te doen.

"Ons raad aan almal is om nie tot op die laaste oomblik te wag nie. Kom ons tree nou op om voordeel uit hierdie program te trek,” was sy beroep op die publiek.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!