Eksplorasie boorwerk gaan by Askari se litium projek langs Andrada se tinmyn voort.
Foto askarimetals.com
Eksplorasie boorwerk gaan by Askari se litium projek langs Andrada se tinmyn voort. Foto askarimetals.com

Nóg Chinese soek Uis se litium

Australiese eksplorasie lyk belowend
'n Vervaardiger van batterymateriale belê in Askari se litiumprojek op Uis.
Augetto Graig
Een van China se voorste vervaardigers van batterymateriale, Zhejiang Huayou Cobalt, het Woensdag amptelik N$30,7 miljoen in die Australiese maatskappy Askari Metals belê.

Dit om aandele te verkry in Askari se Uis-litiumprojek net 5 km buite die dorp, en 2,5 km vanaf die Andrada-tinmyn op Uis.

Die Askari-projek strek oor meer as 308 vierkante kilometer in eksplorasielisensie (EPL)-gebiede 7345 en 8535. Meer as 120 rotsformasies op die oppervlak is reeds aangeteken, waarvan talle histories vir tin en edelstene gegrawe is.

Ooglopende aanduidinge van litium word glo in oorskot materiaal van ou mynbouwerke gesien.

Hoërgraad litium tot 3,2% Li2O is op die oppervlak teëgekom, saam met hoërgraad tin tot 3,2% Sn, hoërgraad tantaal tot 663ppm Ta, en hoërgraad rubidium tot 3,387ppm Rb, volgens Askari se webwerf.

“Die Uis-litiumprojek verteenwoordig ’n aansienlike onderontginde litiumgeleentheid in ’n eersterangse jurisdiksie in die nabyheid van belangrike mynbou-infrastruktuur en –dienste,” luidens die webwerf.

Zhejiang se filiaal Huayou International Resources het die belegging vanuit Hongkong gedoen. Die Chinese reus beplan om sy aandele in die projek tot 9,9% te laat toeneem, om dan geregtig te wees om ’n lid op die maatskappy se raad aan te stel.

“Huayou sal ook die maatskappy ondersteun op gebiede van wedersydse strategiese belange met betrekking tot die maatskappy se Namibiese bates, insluitend die verskaffing van tegniese insette en leiding oor die ontwerp van eksplorasieveldtogte en litiumverwerkingstegnieke,” luidens Askari se verklaring.

Met hierdie aanvanklike belegging koop Huayou reeds 6% van die projek.

Verder het Askari 'n bykomende transaksie vir ’n kapitaalverhoging van ongeveer A$3,25 miljoen, deur die uitreiking van 6 500 000 aandele in dié maatskappy teen A$0.50 per aandeel aan Australiese en Internasionale institusionele beleggers voltooi, volgens die verklaring.

Askari is tans besig met die tweede fase van sy boorveldtog, waarvan vier boorgate voltooi is en resultate vanaf Fase 1 wat in die komende weke verwag word. Die aanlyn publikasie The West Australian haal Askari se uitvoerende direkteur Gino D’Anna aan: “Ons sien uit daarna om hierdie strategiese belegging te voltooi en om Huayou op die register te verwelkom. Om ’n vlak 1-strategiese belegger soos Huayou te hê, voeg nie net geloofwaardigheid aan ons strategie in Namibië toe nie, maar ondersteun ook ons visie om ’n groot eksplorasie-ontdekking te identifiseer,” sê D’Anna.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2025-01-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 19° | 33° Oshakati: 23° | 32° Ruacana: 20° | 35° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 21° | 31° Omaruru: 24° | 33° Windhoek: 23° | 31° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 18° | 23° Swakopmund: 17° | 18° Walvis Bay: 18° | 22° Rehoboth: 24° | 35° Mariental: 26° | 39° Keetmanshoop: 25° | 40° Aranos: 26° | 39° Lüderitz: 19° | 31° Ariamsvlei: 25° | 40° Oranjemund: 17° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 24° | 37° Lubumbashi: 15° | 21° Mbabane: 16° | 28° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 18° | 23° Lilongwe: 19° | 26° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 23° | 31° Cape Town: 20° | 28° Durban: 22° | 27° Johannesburg: 18° | 32° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 17° | 27° Harare: 16° | 28° #REF! #REF!