Ngavetene verdedig verkrygingsprestasies
Syfers vir 2023-’24-boekjaar bekend
Die CPBN beweer dat die reusetekort aan medisyne by staatsinstellings nie dié instansie se skuld is nie.
Die waarnemende uitvoerende hoof van die Sentrale Verkrygingsraad van Namibië (CPBN), Amon Ngavetene, het bewerings ontken dat die CPBN se verkrygingsprosedures die rede is waarom openbare gesondheidsfasiliteite al vir etlike jare reusetekorte aan medisyne ondervind.
Dit is ondanks die jongste ouditverslag vir die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste se 2022-boekjaar.
Daarvolgens is N$23 miljoen se noodaankope vir farmaseutiese produkte glo nog uitstaande nadat die ministerie sedert 2017 op die CPBN wag om die verkrygingsproses te finaliseer.
Volgens die gesondheidsministerie het die situasie die afgelope jare gelei tot voortdurende medisynetekorte wat die lewens van pasiënte in gevaar stel.
GESONDHEIDSTENDERS
Die ministerie se perk vir openbare verkryging is volgens die wet N$25 miljoen en daarom kan langtermynkontrakte slegs deur die CPBN toegeken word.
Weens die uitdagings in die toekenning van die langtermynkontrakte is die ministerie glo gevolglik uitgelewer aan ’n siklus van duur noodaankope om te verseker klinieke en hospitale voorraad het. Dit word nou oorweeg om die gesondheidsministerie van hierdie beperkings vry te stel.
Ngavetene bevraagteken egter hierdie prentjie wat die ministerie geskets het.
“Ons het nog nooit ’n verkrygingaansoek van die ministerie van gesondheid ontvang om muise en katte in hospitale uit te roei nie. Hoekom het hulle steeds hierdie probleem as alles op die Sentrale Verkrygingsraad blameer word?” vra hy.
Ngavetene gee toe dat die verkrygingsproses in elke stadium uitgedaag word.
“Die waarheid is egter vir elke gesondheidsverkryging wat uitgedaag word – by ’n hersieningspaneel of by die hoërhof – kom die ministerie van gesondheid en die CPBN altyd met regstellende stappe vorendag wat die ministerie dan toelaat om korttermynverkrying te doen, om te voorkom dat hospitale nie noodsaaklike medisyne in voorraad het nie.
“Met die kansellasie van die klinieke-tender het ons ’n korttermyn, ses maande verkryging gedoen om die gaping te vul.
“Terselfdertyd is die ministerie toegelaat om ’n verkryging vir 12 maande te doen om die gaping vir farmaseutiese produkte te vul,” brei hy uit.
Hy erken dat die farmaseutiese tender nog voor die hoërhof hangend is en hulle wag op uitspraak wat na verwagting op 31 Mei gelewer sal word.
“Maar hulle kan nie nou sê hulle het niks [medisyne] nie weens die verkrygingsproses,” voer hy aan.
PRESTASIES
Ngavetene het dit gister op ’n mediakonferensie in die hoofstad gesê waar die verkrygingsraad se prestasies die afgelope boekjaar met die vorige boekjaar vergelyk is.
Die CPBN het in die 2023-’24-boekjaar 32 verkrygingsprojekte ter waarde van sowat N$8,1 miljard toegeken. Dit is 71% meer as die toekenning in die vorige boekjaar wat 23 verkrygingsprojekte ter waarde van sowat N$2,3 miljard ingesluit het.
Nog ’n prestasie wat Ngavetene genoem het, is dat die ministeries se verkrygingsplanne gegroei het van N$932 miljoen in 2022-’23 teenoor N$2,4 miljard in 2023-’24.
Die CPBN se grootste kliënte bly die gesondheidsministerie, die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, NamWater en die Paaieowerheid.
In terme van tenders wat oor die laaste boekjaar toegeken is, is projekte ter waarde van N$7,2 miljard deur geadverteerde tenderprosesse toegeken, vergeleke met N$2,2 miljard vir die vorige boekjaar.
Van die totale N$8,1 miljard se staatstenders wat in die laaste boekjaar toegeken is, is N$7,1 miljard se werk aan Namibiese ondernemings toegeken, verduidelik Ngavetene verder.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie