NIPDB moet eers buitelandse beleggingsvoorstelle hersien
Ogone Tlhage – Beleggers het onlangs kommer uitgespreek oor die die feit dat alle voornemende buitelandse beleggers wat in Namibië wil belê, nou verplig word om hul beleggingsvoorstelle by die Namibiese raad vir die bevordering van beleggings en ontwikkeling (NIPDB) vir evaluering in te dien.
Die beleggers is glo bekommerd dat vertroulike inligting in hul voorleggings en sakeplanne kan uitlek
Volgens ’n omsendbrief wat vroeër vanjaar deur die ministerie van internasionale betrekkinge en samewerking uitgereik is, sal die direksie die voorstelle ondersoek en die beleggers adviseer oor die tipe visums wat hulle sal benodig en die prosedure oor hoe om dit te bekom. Die direksie sal ook dié sakeplanne aan die betrokke kantore, ministeries en agentskappe voorlê.
Hoewel die ministerie onderneem het om op die media se navrae te reageer, het hulle dit nie gedoen nie.
NIPDB het wel gesê dat daar van beleggers verwag sal word om hul sakeplanne in te dien om te bepaal of hulle aan die kriteria voldoen om as beleggers geakkommodeer te word.
“Dit is egter belangrik om daarop te let dat beleggers direk by die ministerie van binnelandse sake vir visums aansoek kan doen sonder om van ons dienste gebruik te maak.
“In die geval dat die ministerie van binnelandse sake bykomende tegniese ondersteuning benodig in terme van assessering van die sakeplanne, word dit na NIPDB verwys vir hersiening en aanbevelings,” het NIPDB bygevoeg.
BELEGGERS SE KOMMER
NIPDB is glo bewus van die kommer oor sy vermoë om te verseker dat sakeplanne veilig is en het verseker dat dit die beste praktyke met betrekking tot die beskerming van sensitiewe inligting implementeer.
“Dit is inderdaad ’n geldige bekommernis aangesien geen stelsel 100% veilig is nie. NIPDB neem egter die beskerming van beleggers se belange en vertroulike inligting baie ernstig op. Ons inligtingbestuurspraktyke word vergelyk met dié van vooraanstaande beleggingsbanke en beleggingsbevorderingsagentskappe.”
Daar sal ook van beleggers verwag word om nie-openbaarmakingsooreenkomste met NIPDB te onderteken om die inhoud van voorgelegde dokumente te beskerm en die vertroulikheid van hul inligting te waarborg.
“Boonop het ons streng sekuriteitsmaatreëls geïmplementeer, insluitend digitale toegangsbeheer om ongemagtigde toegang tot vertroulike inligting te verhoed. Dit is ’n algemene praktyk onder beleggingsbevorderingsagentskappe wêreldwyd,” het NIPDB gesê. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie