Die erts is getoets en die koper lê daar by Omitiomire.
Foto omicomining.com
Die erts is getoets en die koper lê daar by Omitiomire. Foto omicomining.com

Nog besonderhede oor Omitiomire

Omgewingsklaring proses duur voort
N$5 miljard oopgroefmyn beplan om groot koper neerslag na aan Steinhausen te ontgin
Augetto Graig
Die massiewe kopermyn beplan vir Omitiomire net buite Steinhausen het laas week gevorder met die voorgesete insameling van insette vanaf die publiek om die nodige omgewingsklaring sertifikaat te kan kry. Daarmee is vergaderings in Windhoek en op plaas Groot Korasie Plaatz no. 440, by die Otjere-jagplaas gehou, waar verdere besonderhede oor die projek gedeel is.

Die projek is in die besit van Greenstone Resources uit die Verenigde Koningryk en die genoteerde International Base Metals Limited (IBML) maatskappy uit Australia, met die voorgenoemde wat 53,7% besit, en IBML met 46,3%. Saam besit hulle 95% van Omico Copper, saam met 5% aandeelhouding in besit van die Craton Foundation Trust. Omico besit vir Craton Mining wat mynboulisensie 197 en eksplorasie lisensie 8550 hou.

Omico en Craton word onder leiding van voorsitter Elia Shikongo bestuur, met mede-raadslede Primus Hango, Purvance Heuer, Ingo Hofmaire en Mike Stuart. Hofmaier is ook die hoof uitvoerende beampte van Omico, en Stuart is die projekbestuurder.

Die projek behels die bou van ’n kopermyn wat tot 15 jaar lank bedrywig kan wees, waar ’n eenvoudige groefputmyn 618 kiloton koper sal ontgin, en deur ’n loogproses met verdunde swaelsuur en sout, verwerk na pure koper katode. Volgens die mynbouers los die suur die koper in die erts op, wat dan met behulp van oplosmiddel ekstraksie en

Electro-Winning (SX/EW) tegnologie herwin word, om 99,99% suiwer koper in velle te produseer, wat dan direk na die hawe verskeep kan word. Die proses gebruik die helfte minder water en alle water, chemikalieë en reagense word hersirkuleer en hergebruik om waterbesparing te bevorder, volgens die mynbouers. So wil hulle 100 miljoen ton erts verwerk.

Aanvanklike kapitaal benodig om die myn op die been te kry is sowat N$5 miljard, met die oog om 30 000 ton koper katode per jaar te vervaardig. Hulle skat dat die regering tot N$1,9 miljard oor die bestaan van die myn uit tantieme sal kan insamel, apart van direkte en inkomste belasting. Wanneer die myn in produksie kom sal dit werksgeleenthede vir tot 700 werknemers bied, sê hulle.

Werk gaan voort om ’n vatbaarheidstudie reg vir die bank teen die laaste kwartaal van hierdie jaar te voltooi.

Ander dele van die projek wat gefinaliseer moet word sluit in the afleiding van die Swart Nossob rivier, en ook van die M53 pad wat nou reg deur die voorgestelde oopgroefmyn loop. ’n Sonkrag aanleg word ook oorweeg om by te dra by die 25MW elektriese krag wat met ’n nuwe kraglyn vanaf Nampower verkry sal word.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!