Foto argief
Foto argief

Olieboorseisoen skop af

Augetto Graig
Die nasionale oliemaatskappy Namcor het aangekondig dat minstens vier boorveldtogte oor die komende maande in die Oranjekom aan die kus van Lüderitz gevoer sal word, tot die einde van die eerste kwartaal van 2025.

Namcor is betrokke by gesamentlike ondernemings in die petroleumeksplorasielisensiegebiede, PEL56, PEL 83, PEL 85 en PEL 90.

“Die toename in stroomop-olie- en -gasaktiwiteit volg op suksesvolle ontdekkings sedert 2022, en insigte verkry uit onlangse boorgatdata en die jongste 3D-seismiese opnames wat meer bedrywighede aandryf.

Verder gaan die boorveldtog op land voort om die koolwaterstofpotensiaal van die Kavangokom in PEL 73 te evalueer,” volgens Namcor se jongste verklaring.

Namcor beklemtoon ook die belofte van die teenwoordigheid van koolwaterstof in die aflandige Lüderitzkom, Walviskom en die Namibekom, soos aangedui deur geofisiese en geologiese studies.

“Gevolglik gaan Namcor en sy vennote voort om noukeurige studies in hierdie komme te doen, om risiko’s te verminder en die potensiële koolwaterstofophopings te evalueer,” lui die verklaring.

Daar is egter tans geen planne om in enige van hierdie ander komme te boor nie, volgens Namcor.

Impact Oil and Gas was die eerste wat ingespring het, met boorwerk in PEL 56 wat reeds in Oktober begin het, en die onlangse aankondiging dat TotalEnergies sy belang in die lisensiegebied vergroot het.

Galp Energy en sy vennoot Sintana Energy het ook laat in Oktober hul tweede eksplorasieboorveldtog in PEL 83 aangekondig.

Einde Oktober het die Italiaanse onderneming Eni ook sy eerste tweegat-boorveldtog vir PEL 85 aangekondig, wat volgende maand sal begin.

Eni en BP het belangstelling getoon om by Rhino Resources in te koop vir ’n groter belang in die PEL 85-bedrywighede.

Rhino beplan om in die eerste kwartaal van volgende jaar te begin boor. Die Amerikaanse oliereus Chevron beplan om sy jongste boorveldtog van tien boorgate in PEL 90 reeds in Desember af te skop.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!