Ondersoek inkomstetoelaag krities, sê BoN se goewerneur

'Hoe implementeer en finansier ons dit?'
Johannes !Gawaxab meen BIG is 'n eerbare strewe, maar dit mag nie tot nadeel van die land se finansies wees nie.
Ogone Tlhage
Die goewerneur van die Bank of Namibia (BoN), Johannes !Gawaxab, sê beleidmakers sal die implementering van ’n basiese inkomstetoelaag (BIG) krities moet ondersoek en moet dink oor maniere waarop dit gefinansier kan word sonder om ’n groot las op die land se finansies te plaas.

!Gawaxab het die opmerkings onlangs gemaak by die eerste besprekings van monetêre beleide wat die sentrale bank aangebied het.

Hy meen BIG is ’n eerbare strewe, maar dit mag nie tot nadeel van die land se finansies wees nie.

“Vir dié tipe uitgawes moet ’n mens dink oor hoe ons dit gaan finansier. Dit is een ding om te sê ons moet ’n BIG hê en daar is niks fout daarmee nie, maar ons moet ook nog ’n gesprek voer – hoe implementeer en finansier ons dit?

“Sodra ons 'n middeweg tussen hierdie twee gevind het, kan ons by 'n punt kom waar hierdie idee geïmplementeer kan word sonder dat druk op die fiskus geplaas word,” het !Gawaxab gesê.

BETOGING

Die Basiese Inkomstetoelaag (BIG) Koalisie van Namibië het verlede naweek betoog en na die ministerie in die presidensie verantwoordelik vir geslagsgelykheid, armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn opgeruk om ’n universele en onvoorwaardelike BIG van N$500 per persoon, per maand te eis.

“Vir jare is ons stemme nie gehoor nie, so ons het besluit ons sal ’n optog reël om seker te maak dat die regering verstaan ​​dat die mense moeg gesukkel is.

“Die leierskap moet weet dat mense moeg is om deur dromme en vullis te gaan om kos te kry, terwyl ons ’n regering het wat veronderstel is om vir mense te sorg,” het Rinaani Musutua van die koalisie gesê.

Luidens die petisie eis die groep dat die regering sy verpligting ingevolge artikel 95 van die Namibiese Grondwet nakom.

“Jong mense, wat hoofsaaklik deur werkloosheid geraak word, is die meerderheid en belangrikste mense in ons land. Daarom moet hul toekoms verseker word.

“Ons leiers moet hulle daartoe verbind om ’n onvoorwaardelike en universele BIG as ’n jeuggesentreerde maatskaplike beskermingskema te implementeer om jong mense wat werkloos is te ondersteun en jeugontwikkeling te bevorder,” lui die klagskrif wat oorhandig is.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A