#PasIn: Oshikango nou 24 uur oop
Die Oshikango-Santa Clara-grenspos tussen Namibië en Angola is vanaf môre 24 uur ‘n dag oop.
Die ministerie van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit het pas gesê minister Albert Kawana en sy Angolese eweknie, Eudenio Laborinho, sal die verlengde ure môre amptelik implementeer.
Volgens die ministerie is dit ‘n strategiese besluit om oorgrenshandel, ekonomiese bedrywighede en die beweging van burgers tussen die twee lande te bevorder.
Vervoerondernemings is versoek om môre tussen 06:00 en 14:00 nie die grenspos te gebruik nie of alternatiewe roetes te gebruik. Vanaf 14:00 sal die grenspos regdeur die dag en nag in werking wees.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie