Politici, sakelui het oog op Ohorongo-aandele
Die Otavi Cement-groep wil aandele in die Ohorongo-sementaanleg wat naby Otavi in die Otjozondjupastreek geleë is, bekom.
Otavi Cement wil in samewerking met Triangle Economic Forum ’n ooreenkoms met Ohorongo Cement bereik. Triangle is ’n inisiatief van die politieke leierskap van die nabygeleë dorpe insluitend Otavi, Grootfontein en Tsumeb.
“As die aankoop (van aandele) suksesvol is, beoog die Otavi Cement-groep om aansoek te doen om die aandele in Ohorongo op die Namibiese aandelebeurs te noteer. Hierdie aandele sal aan alle Namibiërs beskikbaar gestel wees,” volgens die stigter en direkteur van Otavi Cement, mnr. Andre Neethling.
Otavi Cement en Triangle is ook in vennootskap met CivTek International, ’n Amerikaanse maatskappy wat spesialiseer in finansiering en geïntegreerde nasionale ekonomiese ontwikkeling.
Bykomend tot CivTek se deelname in die beplande Ohorongo-transaksie, het die maatskappy ook ’n nasionale ontwikkelingsprogram voorberei wat Namibiërs in die toekoms kan bevoordeel, volgens Neethling.
Hy sê die Amerikaners het die afgelope maande verskeie kere met streek en nasionale leiers ontmoet, en vergader steeds gereeld met die regering en die privaat sektor, sê hy.
Mnre. George Garab en George Nghifikwa is saam met Neethiling direkteure van die Otavi Cement-groep.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie