Die erts is getoets en die koper lê daar by Omitiomire.
Foto omicomining.com
Die erts is getoets en die koper lê daar by Omitiomire. Foto omicomining.com

Publiek lewer insette oor Omitiomire-myn

Augetto Graig
Die reuse-kopermyn wat vir Omitiomire net buite Steinhausen beplan word, het verlede week gevorder met die insameling van openbare insette om die nodige omgewingsklaringsertifikaat te kan verkry.

Vergaderings is in Windhoek en op die plaas Groot Korasie Plaatz no. 440, by die Otjere-jagplaas gehou, waar verdere besonderhede oor die projek gedeel is.

Greenstone Resources van die Verenigde Koninkryk en die genoteerde International Base Metals Limited (IBML) van Australië besit die projek, met onderskeidelik aandeelhouding van 53,7% en 46,3%

Die maatskappye besit gesamentlik 95% van Omico Copper, met die Craton Foundation Trust met ’n 5%-aandeelhouding. Omico besit vir Craton Mining wat die houer is van mynboulisensie 197 en eksplorasielisensie 8550.

Omico en Craton word onder leiding van voorsitter Elia Shikongo bestuur, saam met mederaadslede Primus Hango, Purvance Heuer, Ingo Hofmaire en Mike Stuart.

Hofmaier is ook die uitvoerende hoof van Omico, en Stuart die projekbestuurder.

Die projek behels die konstruksie van ’n kopermyn met ’n lewensverwagting van tot 15 jaar, waar ongeveer 618 kiloton koper uit ’n oopgroefmyn ontgin sal word, en deur ’n logingsproses met verdunde swaelsuur en sout, in suiwer koper-katode verwerk sal word.

Volgens die mynbouers los die suur die koper in die erts op, wat dan herwin word met behulp van oplosmiddel-ekstraksie en ’n proses om elektrolise te gebruik om metaalelement uit die samestelling van die erts te onttrek (electro-winning), om 99,99% suiwer koper in velle te produseer, wat dan direk na die hawe verskeep kan word.

Die proses gebruik die helfte minder water en alle water, chemikalieë en reagense word hersirkuleer en hergebruik om waterbesparing te bevorder, volgens die mynbouers. So wil hulle 100 miljoen ton erts verwerk.

Die aanvanklike kapitaal wat benodig word om die myn op die been te bring, is sowat N$5 miljard, met die doel om 30 000 ton koper-katode per jaar te vervaardig.

Die regering kan glo ’n geraamde N$1,9 miljard in tantieme oor die leeftyd van die myn invorder, bykomend tot direkte en inkomstebelasting.

Wanneer die myn in produksie is, sal dit werksgeleenthede vir tot 700 werknemers skep, sê hulle.

Werk gaan voort om ’n vatbaarheidstudie teen die laaste kwartaal van hierdie jaar te voltooi.

Ander aspekte van die projek wat gefinaliseer moet word, sluit in die herleiding van die Swart Nossob-rivier, asook die M53-pad wat tans deur die voorgestelde oopgroefmyn loop.

’n Sonkragaanleg word ook oorweeg om by te dra tot die 25MW elektrisiteit wat met ’n nuwe kraglyn vanaf NamPower verkry sal word. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 33° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 31° Oshakati: 22° | 30° Ruacana: 21° | 29° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 18° | 26° Omaruru: 22° | 33° Windhoek: 21° | 29° Gobabis: 21° | 28° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 17° | 23° Rehoboth: 22° | 31° Mariental: 23° | 35° Keetmanshoop: 22° | 36° Aranos: 21° | 35° Lüderitz: 14° | 26° Ariamsvlei: 24° | 37° Oranjemund: 17° | 24° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 21° | 31° Lubumbashi: 17° | 29° Mbabane: 15° | 32° Maseru: 18° | 30° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 21° | 34° Windhoek: 21° | 29° Cape Town: 20° | 22° Durban: 20° | 30° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 18° | 29° #REF! #REF!