uNEMPLOYMENT
uNEMPLOYMENT

Regering oormerk miljoene vir interns

Skep geleenthede vir werkservaring
Maatskappye wat internskappe bied hoef dus nie die intern self te betaal nie, aangesien die regering verantwoordelikheid daarvoor neem.
Jemima Beukes
Ná ’n aankondiging dat die regering meer as N$125 miljoen opsy gesit het om as ’n toelaag aan interns uit te betaal, beskou sommige dit as ’n politieke foefie.

Die uitbetaling word glo gedoen in ’n poging om die stygende werkloosheidsyfer in die land hok te slaan.

Die uitvoerende hoof van die Namibiese Raad vir die Bevordering van Beleggings en Ontwikkeling (NIPDB), Nangula Uaandja, het dit bevestig.

“Dit is om die private sektor aan te moedig om internskapgeleenthede aan skoolverlaters en graduandi te bied.

Dit beteken dat die maatskappy wat so ’n geleentheid bied, nie die intern self hoef te betaal nie, aangesien die regering verantwoordelikheid daarvoor neem.

“My versoek was toe om maatskappye in die sektor aan te moedig om gegradueerdes in te neem sodat ons hulle ’n geleentheid kan gee om werkservaring op te doen – iets waarvoor ons almal altyd vra, maar niemand gee dit nie. Dit is een van die maniere om werkloosheid te stuit,” het sy gesê.

‘EERDER WERKLOOSHEIDTOELAAG’

Die president van die Popular Democratic Movement (PDM), McHenry Venaani, het egter aangevoer dat dié inisiatief slegs ’n veldtog-instrument is wat deur Swapo uitgedink is.

Hy meen ’n werkloosheidstoelaag se impak sal groter wees.

“Dis net ’n ‘campaign kitty’ wat kan werk as daar ’n werkloosheidstoelaag was. Hoeveel maatskappye kan hierdie mense regtig absorbeer?

“So, nou het jy sowat 100 maatskappye wat interns inneem en N$20 miljoen word bestee en die res word nie bestee nie. Die klein- en medium-ondernemings (SME’s) vaar ook nie so goed nie. ’n Werkloosheidstoelaag sal meer doeltreffend wees,” het hy gesê.

POLITIEKE ONTLEDER

’n Politieke ontleder voer ook aan dat ’n werkloosheidstoelaag doeltreffender sal wees aangesien dit werklose jongmense kan help om in hul basiese behoeftes te voorsien.

Hy het ook daarop gewys dat ’n internskaptoelaag nie op die lang termyn volhoubaar sal wees nie en dat dit eentonig kan word.

“Werkgeïntegreerde onderwys is ’n baie belangrike inisiatief vir jongmense om vaardighede aan te leer, maar ek is nie seker dit is volhoubaar nie.

“Dit is terselfdertyd goed vir die regering om plaaslike maatskappye aan te moedig. In ander ekonomieë het hulle werkloosheidsvoordele ingestel wat gemik is op diegene wat aktief werk soek en dit is ’n goeie inisiatief in hierdie moeilike ekonomie van ons.

“’n Werkloosheidstoelaag kan werkloses help om werk te skep, hul CV’s te druk en uit die dorp te reis vir werksonderhoude,” het hy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!