Reusehupstoot vir droogtehulp

Middeltermynbegroting gister gelewer
Die sperdatum van die regering se belastingamnestieprogram is met twee jaar verleng.
Ogone Tlhage
Die huidige droogte was gister ’n groot fokuspunt by die tertafellegging van die middeltermynbegroting, met die bedryfsbegroting wat tot N$2,6 miljard opgestoot is.

Daar word voorspel dat minstens 300 000 huishoudings by die regering se droogtehulpprogram sal kan baat.

“Ons het ’n bykomende N$698,8 miljoen vir droogtehulp onder die kantoor van die eerste minister gebruik, hoofsaaklik om die program vir voedselverspreidings na kwalifiserende gemeenskappe uit te brei.

“Hierdie toekenning maak voorsiening dat die droogtehulpprogram uitgebrei kan word om 308 750 huishoudings in te sluit tot 30 Junie 2025,” het die minister van finansies en staatsondernemings, Iipumbu Shiimi, gister gesê.

Volgens hom sal dié toekenning die totale droogtehulpbegroting vir die 2024-’25-finansiële jaar (FY) tot ver meer as die N$1,4 miljard verhoog.

Shiimi het verder verduidelik dat hulle voorsiening sal maak om die potensiële nadelige impak van die droogte te versag. Hul pogings sluit in voedelverspreiding, ondersteuning aan boere, finansiering vir die groenskemas sowel as die versterking van die betrokke maatskaplike beskermingskemas om die verlies aan lewensbestaan ??te verminder.

Die nasionale eenheid vir rampbestuur en Agribank sal ook boere ondersteun wie se bedrywighede deur die droogte geraak word.

“Die eenheid sal voortgaan om die droogtehulpprogram na geraakte streke en gemeenskappe uit te rol teen ’n koste van sowat N$129,8 miljoen per maand.

“Verder het ons, deur Agribank, ’n toegewyde subsidieprogram teen ’n totale koste van N$126,3 miljoen gedurende die huidige boekjaar geïmplementeer,” het Shiimi gesê.



BELASTINGAMNESTIE

Shiimi het ’n verdere verlenging van die regering se belastingamnestieprogram aangekondig wat veronderstel was om vandag te verstryk.

Ná verskeie versoeke om uitstel van verskeie sektore, is die sperdatum met nog twee jaar tot 31 Oktober 2026 verleng.

“Die program bly onveranderd, dit wil sê rente en boetes sal ten volle afgeskryf word indien die uitstaande kapitaal ten volle voor 31 Oktober 2026 vereffen is,” het Shiimi gesê.



SKOLE, BOORGATE EN ELEKTRISITEIT

Wat ander bestedingsprioriteite betref, het Shiimi gesê dat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur na verwagting 512 klaskamers gedurende die huidige boekjaar sal bou, waarvan 296 klaskamers reeds teen September 2024 voltooi is.

Die ministerie van landbou, water en grondhervorming het tot dusver 115 boorgate en 20 gronddamme in landelike gebiede voltooi, met nog 83 boorgate en 34 gronddamme wat beplan word.

“Verder het die Omgewingsbeleggingsfonds van Namibië (EIF) vanjaar meer as 70 boorgate ter waarde van N$40 miljoen geboor. Ongeveer 35 000 mense en meer as 30 000 vee het hieruit voordeel getrek.”

Die ministerie van myne en energie kon ook sy landelike elektrifiseringsprogram bespoedig, terwyl 18 openbare instellings en 88 landelike huishoudings by die nasionale netwerk gevoeg is met nog 39 openbare instellings en sowat 1 000 huishoudings wat glo nog gekoppel gaan word.



VERANDERINGE AAN LEENPLAN

Volgens Shiimi sal die regering se begrotingstekort na verwagting matig bly op 3,2% van die bruto binnelandse produk (BBP) vir die 2024-’25-boekjaar.

“Verder, in nominale terme, word die tekort effens afwaarts hersien met N$277,3 miljoen,” het hy gesê.

Shiimi het bygevoeg dat die verandering in die tekort die regering sal lei om veranderinge aan sy leenplan vir die oorblywende maande van die boekjaar aan te bring soos nodig.

Intussen het die totale skuldvoorraad aan die einde van Maart 2024 op N$153,7 miljard gestaan, gelykstaande aan 65,1% van die BBP, ’n veranndering vanaf 67,6% van die BBP in die afgelope boekjaar.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-12-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 24° | 37° Rundu: 19° | 33° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 20° | 26° Ruacana: 21° | 27° Tsumeb: 20° | 27° Otjiwarongo: 17° | 25° Omaruru: 20° | 31° Windhoek: 19° | 27° Gobabis: 19° | 27° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 21° | 32° Mariental: 24° | 35° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 23° | 35° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 20° | 34° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 20° | 29° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 28° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 22° | 34° Maputo: 23° | 39° Windhoek: 19° | 27° Cape Town: 18° | 22° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 22° | 35° Harare: 22° | 33° #REF! #REF!