Rosh Pinah-myn kry geldelike hupstoot
US$110 miljoen se lening goedgekeur
Die uitbreiding van ondergrondse bedrywighede by die Rosh Pinah-myn is Trevali se primêre fokus in die komende jare.
Trevali Mining Corporation, die eienaar van die Rosh Pinah-sink- en loodmyn in die suide van Namibië, het aangekondig dat Standard Bank Namibia en Standard Bank South Africa finansiering van US$110 miljoen (N$1,8 miljard) aan die myn vir sy ondergrondse bedrywighede goedgekeur het.
Die projek, RP2.0, is om ondergronds uit te brei en lê klem op die toepassing van die nuutste tegnologie.
Volgens mnr. Ricus Grimbeek, president en uitvoerende hoof van Trevali, vorder die proses om die uitbreiding te finansier al maande, “en ons is tevrede om verslag te doen van die vertroue wat Standard Bank se kredietgoedkeuring en ondersteuning van die NP2.0-projek in Rosh Pinah se bedrywighede en uitbreiding toon,” het hy gesê.
“Die uitbreiding by Rosh Pinah is Trevali se primêre fokus in die komende jare, en ons sien uit daarna om saam met Standard Bank te werk as ’n ondersteunende lener wat diepgaande kennis oor die Rosh Pinah-myn het, die uitbreidingsplan en langtermyn-bedryfsukses wat bereik is sedert mynbou in 1969 begin het,” voeg hy by.
Goedkeuring vir die lening volg op ’n ooreenkoms met Standard Bank in Maart vanjaar; die voltooiing van wetlike en tegniese omsigtigheidsondersoeke van die Rosh Pinah-myn; en die RP2.0-projek, insluitend 'n terreinbesoek aan die myn, lui Trevali se verklaring.
Verskeie voorwaardes moet nog nagekom word, en die maatskappy probeer ook om bykomende finansiering vir toerusting te verkry, wat die beskikbare bedrag met tot US$20 miljoen sal verhoog. Trevali onderhandel ook oor die verlenging van bestaande lenings en ’n Glencore-lening wat in September terugbetaalbaar is.
Plaaslik werk Trevali met die regsfirma H.D. Bossau en internasionaal met Endeavour Financial en Blake, Cassels and Graydon. Endeavou is ’n internasionale leier in mynboufinansiering. Tervali sal op 16 Augustus sy finansiële verslag vir die tweede kwartaal van 2022 vrystel.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie