Rössing toon goeie resultate
Mynlisensie in 2021 tot 2036 verleng
Uraanmyn verbeter produksie en veiligheid in 2021.
Die Rössing Uranium Limited het Woensdag sy jaarverslag aan belanghebbendes uitgereik, waarin dié uraanmyn – wat al 45 jaar operasioneel is – spog met beter as verwagte produksiesyfers en nuwe toekomsplanne.
Die uitvoerende direkteur, mnr. Johan Coetzee, het by die geleentheid gesê die maatskappy het in 2021 nie net sy veiligheidsrekord van die vorige jaar oortref nie, maar het ook sy produksie van uraanoksied tot 2 882 ton verhoog, 16% meer as in 2020.
Coetzee het gesê al was die verkoopsvolume 11% hoër as in 2020, was die inkomste wat gegenereer is 6% laer op N$4,26 miljard weens die impak van ’n sterker Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse dollar.
Dié inkomste kom van kliënte in Asië, waarheen 76% van Rössing se produksie verskeep word; 90% daarvan na meerderheidsaandeelhouer CNUC/CNNC in China.
Die oorblywende 24% is aan Noord-Amerika, Europa, die Midde-Ooste en bestemmings in Afrika gelewer.
Coetzee het die maatskappy se 943 permanente werknemers vir hul toewyding en harde werk geloof. Dié werknemers het tot die ontginning van 20,7 miljoen ton rots en die verwerking van 9,6 miljoen ton erts bygedra.
Hy sê 99% van die myn se werkersmag is Namibiërs, en ’n vyfde is vroue.
“Ons salarisse en lone het N$930 miljoen beloop, en ’n totaal van N$24,7 miljoen is op interne en eksterne opleiding bestee,” sê hy.
Rössing het in 2021 meer as N$3 miljard op goedere en dienste bestee, waarvan N$2,25 miljard (75%) aan plaaslike verskaffers betaal is, met 14% in Suid-Afrika en 11% in die buiteland.
Die uraanmyn het ook tantièmebelasting van N$111 miljoen aan die regering betaal, en N$167 miljoen se inkomstebelasting van werknemers (PAYE). Geen korporatiewe belastingdividende is in 2021 betaal nie.
Betalings aan instansies soos NamWater en NamPower het in dié boekjaar N$464,2 miljoen beloop, terwyl die myn N$14 miljoen aan gemeenskapsontwikkeling bewillig het.
Die adjunkminister van myne en energie, me. Kornelia Shilunga, het haar verbintenis met Rössing-uraanmyn met teenwoordiges by die geleentheid op 8 Junie by Am Weinberg in die hoofstad gedeel.
“My pa het vir Rössing gewerk. Hy is nou baie oud; 99,” het sy vertel en dat “as jong kind sou Rössing elke Desember Kerspartytjies in Swakopmund hou.
“Ek was een van diegene wat elke keer sou hardloop as die Kerspartytjie gehou is. Dus weet ek van kleintyd van Rössing,” het sy gesê.
Coetzee is trots dat Rössing vir 45 jaar operasioneel kan wees, en het gesê die myn se lewensverwagting is tot 2026. In November 2020 is geld bewillig om ’n vatbaarheidstudie vir die verlenging van die mynboutydperk vir Rössing te doen, wat kyk na die noordoostelike uitbreiding van die oopgroef, en nog tien jaar tot Rössing se leeftyd kan byvoeg.
“’n Groot mylpaal vir die projek is in Julie 2021 bereik, toe die ministerie van myne en energie die geldigheid van ons mynlisensie vir 15 jaar, tot 2036, verleng het,” het hy gesê.
Intussen het Rössing 48 ingenieursprojekte in 2021 voltooi, insluitend die bou van ’n 60 000 mᶾ varswater-bergingsfasiliteit teen ’n koste van N$100 miljoen. Die maatskappy het altesaam N$204 miljoen op die projekte bestee.
Mnr. Steve Galloway, voorsitter van Rössing se direksie, het gesê die maatskappy bou op ’n deursigtige kultuur, gedryf deur volhoubaarheid en veiligheid van die omgewing, die samelewing en werknemers en, “beweeg vooruit na ’n positiewe toekoms.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie