Rössing bied sy werknemers sedert Februarie vrywillige skeidingspakkette.
Foto rossing.com
Rössing bied sy werknemers sedert Februarie vrywillige skeidingspakkette. Foto rossing.com

Rössing wil 400 aflê

Mynvakbond maak beswaar
Die verlenging van die lewensduur van die uraanmyn vereis sekere oplossings, sê die besturende direkteur.
Augetto Graig
Die langlopende Rössing-uraanmyn probeer om sy arbeidsmag met 400 poste te laat krimp en bied sedert Februarie vrywillige skeidingspakkette aan sy werknemers.

Die westelike tak van die Mynwerkersunie van Namibië (MUN) het verlede week in ’n nuusvrystelling die vakbondleiers se verwerping van dié optrede uitgespreek.

Volgens die vakbond is die myn se Chinese meerderheidseienaars, spesifiek China National Uranium Corporation (CNUC), doelbewus besig om werksekuriteit van Namibiese werknemers te ondermyn.

Dit volg nadat die verlenging van die myn se lewensduur tot 2036 deur die raad goedgekeur is. Rössing se mynlisensie is vanjaar deur die ministerie van myne en energie ook tot in 2036 verleng.

Die vakbond sê die vrywillige skeidingspakkette word aangebied sonder om staande ooreenkomste tussen MUN en Rössing met betrek tot prosedure en afdanking te handhaaf.

“Dis duidelik dat die neokapitalistiese CNUC meerderheidsaandeelhouers verkies om Namibiërs uit te buit deur middel van die drakoniese kontrakarbeidstelsel wat ons voor en ná onafhanklikwording beveg,” lees die vrystelling.

Die vakbondleiers dring aan op ’n vergadering met die myn se Chinese topbestuur.

ANTWOORDE

Die myn se besturende direkteur, Johan Coetzee, het egter dieselfde dag in ’n vrystelling geantwoord. Volgens hom is dit deel van die plan vir die verlenging van die myn se lewensduur om sekere operasies aan subkontrakteurs toe te ken.

Nogtans word geen afleggings voor die einde van 2026 beplan nie, dring hy aan.

“Ons neem kennis van klousule 4,2C en klousule 5,3 en respekvol stem ons nie saam dat hierdie klousules die maatskappy verplig om oor die voortdurende vrywillige skeidingsprosesse te onderhandel nie,” skryf Coetzee.

Hy wys daarop dat werknemers tot minstens Desember 2026 gewaarborgde werksekerheid by die myn geniet.

Coetzee erken die pakkette wat Rössing aanbied, is baie soortgelyk aan afleggingspakkette, maar dat dit iets is wat tot die diskresie van die maatskappy oorgelaat moet word. “Die maatskappy kan na eie goeddunke die vrywillige skeidingspakket bepaal wat aangebied word,” sê hy.

Coetzee sê die verlenging van die myn se lewensduur waarborg nie alle werksgeleenthede se voortbestaan nie.

“Die operasionele model en die struktuur van die arbeidsmag wat vir die verlenging nodig is, verskil. Die kontrakteur-mynbouer oplossing vir die verlenging van die myn se lewensduur word beskou as die mees toepaslike en die mees veerkragtige finansiële opsie en is die enigste opsie wat nie waarde vernietig nie.”

Hy sê die aanbieding van skeidingspakkette is bedoel om die potensiale gedwonge afleggings, verwag in 2027, se impak op die arbeidsmag te demp.

Volgens Coetzee is die enigste alternatief om die myn teen 2026 toe te maak, wat ernstige nagevolge vir die hele arbeidsmag sal inhou. Rössing was in 2021 reeds vir 45 jaar aaneenlopend bedrywig, en in 2026 sal die uraanmyn die eerste ter wêreld word wat 50 jaar lank aaneenlopend uraan ontgin.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!