Sakeontbyt met Sven Thieme oor private sektor, ekonomie
Die gesoute sakeman en voorsitter van die Ohlthaver & List-groep, mnr. Sven Thieme, is op 27 Julie die gasspreker by Netwerk se sakeontbyt by Am Weinberg in Windhoek.
Hy sal oor die private sektor se rol in die ekonomie gesels, asook oor die Ekonomiese Forum se onlangse Europese besoek en Namibia Breweries Limited (NBL) se verkooptransaksie.
“Ons glo dat hy baie insig kan bied in wat die onmiddellike toekoms vir Namibiese sakeondernemings inhou, asook waardevolle raad kan verleen uit sy ervaring as leidende sakeman in die Namibiese private sektor,” sê Elizma Theron, Netwerk se woordvoerder.
Netwerk, met Philippus Tromp as voorsitter, is ’n Afrikaanse taal- en kultuurorganisasie waarvan een van die doelstellings is om sakeondernemings te bemagtig en hul welvaart te help verbeter.
Kaartjies is teen N$250 per persoon beskikbaar en sluit ontbyt in. Die funksie word trots deur PSG Namibia en Spes Bona geborg. Stuur ʼn e-pos na [email protected] vir besprekings.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie