‘Stel nuwe riglyne vir motorbedryf op’
Ondersoek reeds in 2018 begin
Die Mededingingskommissie het bevind dat verskeie vervaardigers van oorspronklike toerusting (OEM's) die plaaslike motorbedryf in 'n wurggreep het.
Die ondersoek het bevind dat die motorbedryf dit struktureel en oor die algemeen moeilik maak vir nuwe toetreders om hulself te vestig.
Só het die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) gesê nadat sy ondersoek na teenmededingende gedrag in die plaaslike motorbedryf uiteindelik afgehandel is.
Die ondersoek is reeds in 2018 van stapel gestuur en in ’n verklaring het die woordvoerder van die NaCC, Dina //Gowases, die eindresultaat vandeesweek bekend gemaak.
Die verklaring is namens Vitalis Ndalikokule, die uitvoerende hoof en sekretaris van die kommissie, uitgereik.
Daarin brei die kommissie uit dat verskeie vervaardigers van oorspronklike toerusting (OEM’s) die plaaslike motorbedryf in ’n wurggreep het.
Eerstens is gevind dat daar beperkende vertikale verspreidingsooreenkomste en -praktyke, tesame met territoriale beperkings, tussen OEM’s en motorhandelaars ingestel is in terme van die verspreiding van voertuie in Namibië.
Verder het die kommissie se ondersoek vasgestel dat die OEM’s beperkende praktyke toepas wanneer dit kom by die aanstelling van paneelkloppers, diensagente en dienssentrums ten opsigte van voertuie onder waarborg.
OEM’s maak ook gebruik van beperkende praktyke wanneer dit kom by die aanstelling van motorhandelaars en ander handelaars wat OEM-goedgekeurde onderdele verkoop.
“Al het die ondersoek bogenoemde beperkings gevind, is die kommissie van mening dat dit meer struktureel van aard is, en regverdig ’n strukturele regstelling van die motorbedryf,” volgens //Gowases.
Sy wys daarop dat motorhandelaars in Namibië geen magtiging het om paneelkloppers aan te stel om voertuie onder waarborg te herstel nie.
Slegs buitelandse OEM’s kan besluit wie die werk mag doen, en toekenning vereis dat paneelkloppers eers direk by vervaardigers aansoek doen vir fabrieksgoedkeuring.
Daarna word verteenwoordigers afgevaardig om na Namibië te reis, en die betrokke werkswinkel te oudit en te assesseer, voor ’n besluit geneem word.
Die kommissie brei uit dat daar ook geen deursigtigheid is met betrekking tot hoe die besluit geneem word nie.
“Streng goedkeuringsvereistes en ’n gebrek aan deursigtigheid rakende die keuringskriteria vir die goedkeuring van handelaarskappe en diensverskaffers deur OEM’s, lei tot nadelige gevolge in die betrokke mark in terme van mededinging oor verskeie vlakke van die voorsieningsketting en verbruikers,” lui die verklaring.
Alhoewel handelaars verantwoordelik bly vir die verkoop van voertuie en die daaropvolgende diens van die voertuie, bly motorvervaardigers verantwoordelik vir die goedkeuring van nuwe handelaars en die bevordering van mededinging tussen kleinhandelaars of verspreiders van dieselfde handelsmerk (intra-brand competition), voer die kommissie aan.
“Die kommerwekkende kwessies blyk om struktureel te wees en moet op ’n bedryfswye vlak getakel word,” volgens //Gowases.
“Die kommissie vind dit eerder verstandig dat riglyne ontwikkel word om die geïdentifiseerde kwessies te takel, rakende die stand van mededinging in die motorbedryf,” aldus die verklaring.
Die NaCC beplan om hierdie riglyne op te stel en sodoende mededingendheid in die bedryf te bevorder.
Betrokke belanghebbendes sal genader word wanneer konsepriglyne saamgestel is, luidens die verklaring.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie