A view of Namibia Media Holding (NMH). Photo Phillepus Uusiku
A view of Namibia Media Holding (NMH). Photo Phillepus Uusiku

Stimulus verkoop NMH, Newsprint

Transaksie sal gedeeltelik in kontant vereffen word
Die transaksie is onderhewig aan sekere voorwaardes, insluitend die Namibiese Mededingingskommissie se goedkeuring.
Frank Steffen,Tanja Bause
Frank Steffen – Stimulus Investments Bpk het aangekondig dat sy filiaal Desert Trade Investments (Edms) Bpk (DTI), ingestem het om al sy gewone aandele in Namibia Media Holdings (NMH) en Newsprint aan sy mede-aandeelhouer, Emeraldsand Properties (Edms) Bpk te verkoop.

Emeraldsand se aandeelhouers sal verskeie lede van die NMH- en Newsprint-bestuurspan insluit. Stimulus, deur DTI, besit 79,95% se aandele in NMH en al sy filiale, asook ’n 80%-belang in Newsprint Namibia.

In sy aankondiging het Stimulus gesê: “Die transaksie sal gedeeltelik in kontant vereffen word en die res sal ingevolge ’n finansieringsreëling terugbetaalbaar wees.”

Die transaksie is verder onderhewig aan sekere voorwaardes, insluitend die Namibiese Mededingingskommissie (NaCC) se goedkeuring.

Die verkoper het agtergrond verskaf: “Stimulus is ’n beleggingsbeheermaatskappy, geregistreer en geïnkorporeer in Namibië. Sy 2011-voorkeuraandele is op die Namibiese aandelebeurs (NSX) genoteer. Dié aandele bied aan die houers daarvan blootstelling aan ’n gediversifiseerde portefeulje van ongenoteerde private-ekwiteitstipe beleggings.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!