Die voorsitter van Team Namibia se raad, Sidney Hanstein. Foto Iréne-Mari van der Walt
Die voorsitter van Team Namibia se raad, Sidney Hanstein. Foto Iréne-Mari van der Walt

Team Namibia hou jaarvergadering

Iréne-Mari van der Walt
Die raadsvoorsitter van Team Namibia, Sidney Hanstein, het Vrydag tydens dié organisasie se jaarvergadering gesê die syfers weerspieël nie die ware stand van sake nie.

Hy het gesê die organisasie het ’n verlies van N$37 529 ná belasting aangeteken. Dit aangesien Team Namibia nie ’n finansiële administrateur gehad het nie, wat daartoe gelei het dat fakture nie uitgestuur is nie.

Nog ’n raadslid, Patricia Hoeksema, het gesê “die huidige raad het sowat N$1 miljoen se skuld geërf en dat die raad sy kragte ingespan het om meerendeels hierdie skuld af te betaal”.

“Ons hoop nou om aan te beweeg vanaf oorlewing na stadige groei,” het sy verder gesê.

Hanstein het ook gesê dat Team Namibia tans net minder as N$200 000 in sy bankrekening het.

Hanstein sê Team Namibia se positiewe finansiële groei is die gevolg van “ernstige strategiese werk om hul werk te vereenvoudig”.

“Dinge gebeur teen ’n lae koste. . . ons huur ’n kantoor wat so kostedoeltreffend as moontlik is en twee ywerige interns help om sake aan die gang te hou,” sê hy.

Team Namibia is ongeveer 20 jaar gelede gestig as ’n niewinsgewende organisasie wat daarop gemik is om plaaslike handel te bevorder en die plaaslike vervaardiging van produkte ’n hupstoot te gee. – [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!