Verbruikers dok op vir olies, vrugte en brood
Kosinflasie groei vinnigste
Die NSA sê die gemiddelde gesin spandeer sowat 14,8% van hul besteebare inkomste op kosaankope.
Voedselinflasie vir olie en vette het op ’n reuse 25,7% tussen April en Junie vanjaar gestaan – vergeleke met ’n inflasiekoers van 12,6% oor dieselfde tydperk verlede jaar.
Die grootste dryfvere hiervan was die prysverhogings in kookolie en -vette van onderskeidelik 38,4% en 26,3%. Daarteenoor het botter ’n minimale deflasie van sowat 0,3% ervaar.
Die Namibië Statistiekagentskap (NSA) het in sy bulletin vir die tweede kwartaal van 2022 getoon dat jaarlikse voedselinflasie teen ’n sneller tempo (6,6%) gegroei het as ander items in die verbruikersmandjie (5,7%).
Die NSA sê die gemiddelde gesin bestee sowat 14,8% van hul besteebare inkomste op kosaankope. Die bulletin is op 28 September vrygestel.
VRUGTE, BROOD
Buiten vir olies, was dit ook die prys van vrugte en brood en grane wat Namibiërs laat steier het.
Laasgenoemde produkte het inflasie van onderskeidelik 16,1% en 6,8% getoon.
Dieselfde tydperk verlede jaar was vrugte se inflasie 8,3%.
Avokados het die grootste prysstyging van tot 72,5% getoon, gevolg deur sitrusvrugte (8,3%) en geblikte vrugte (7,3%). Daarteenoor het die prys van druiwe, waatlemoene en appels effens gedaal.
Tydens verlede jaar se tweede kwartaal was brood en grane se inflasie op 4%. Vanjaar is die inflasie vir brood en koekmeel ’n stewige 14,2%, gevolg deur koek op 11%, babakos en –pap op 10,3% en rys op 2,1%.
Oor die algemeen het vleis – as ’n kategorie op sy eie – die laagste inflasie getoon (3,8%), gevolg deur vis en groente op onderskeidelik 4,2%.
LANDBOU-, BOSBOU-, EN VISSERYE
Die NSA sê die landbou-, bosbou-, en visseryesektor het minstens 12,7% tot die bruto binnelandse produk (BBP) in die tweede kwartaal van 2022 bygedra.
Daarbenewens het die landbou-subsektor, spesifiek gewasse en lewende hawe, ’n bydrae van 9,7% gemaak.
Die gewassektor het ’n bydrae van 5,8% tot die BBP gemaak, gevolg deur die lewendehawesektor se bydrae op 3,9%, visserye op 2,7% en bosbou op 0,3%.
Die totale produksie van graangewasse het in die tweede kwartaal op 55 029 ton gestaan, teenoor sowat 38 436 ton oor dieselfde tydperk verlede jaar.
Die grootste bydrae is deur witmielies gemaak, waarvan die produksie met 43,9% gestyg het.
Uitvoere uit dié sektore het N$4,1 miljard in die tweede kwartaal van 2022 verdien, terwyl die invoerrekening oor dieselfde tydperk op N$1,2 miljard gestaan het, wat beteken die sektor het ’n surplus van N$2,9 miljard getoon.
Die sektor het met 1,6% in die tweede kwartaal gegroei, teenoor 2,8% in die tweede kwartaal van 2021.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie