Walvisbaai-hawe al hoe gewilder
Namibië ontwikkel in brandstofspilpunt
Hawens in Afrika, veral Walvisbaai en Port Louis in Mauritius, is deesdae gewild onder skepe om brandstof in te neem.
Jemima Beukes – Namate skepe wat vir Asiatiese markte bestem is, toenemend die Kaap die Goeie Hoop-roete kies om die onstuimige Rooi See te vermy, verkies skepe om by die hawe van Walvisbaai aan te doen om met brandstof te hervul, eerder as by die hawe in Kaapstad, Suid-Afrika.
’n Gelukskoot vir Namibië se maritieme bedryf.
Maritime Insight het Vrydag berig dat die hawens in Afrika, veral Walvisbaai in Namibië en Port Louis in Mauritius, al hoe gewilder raak onder skepe om brandstof in te neem op pad van Namibië na Mauritius.
Namport se bestuurder vir sakeontwikkeling, Trevor Ndjadila, het aan ons susterkoerant Namibian Sun gesê dat die inneem van brandstof in Walvisbaai by ankerplekke uitgevoer word en die hawe se strategiese voordeel lê in sy gunstiger weerstoestande in vergelyking met Kaapstad.
“Walvisbaai het gunstiger weerstoestande as Kaapstad weens die beskutting van die Pelikaan Punt-skiereiland. Die meeste skepe, veral skepe met ’n laer diepgang [ofte wel die afstand van die wateroppervlak tot die skip se laagste punt], doen slegs die hawe aan om met brandstof te hervul, voorrade aan boord te neem en van bemanning te verander. Hierdie aktiwiteite sal uitgevoer word in die nr. 1-ankergebied en op aangewese posisies wat geskik is vir die heersende weerstoestande en binne die hawe se grense. Namibiese hawens het beskermde ankerplekke wat minder staantyd tot gevolg het,” het Ndjadila gesê.
Walvisbaai, wat al lank poog om ’n logistieke spilpunt te word, sien die huidige oplewing in brandstofaktiwiteite as ’n strategiese geleentheid om sy status as ’n sleutelrolspeler in maritieme logistiek te bevestig.
Ndjadila het die hawe se verbintenis tot veiligheid, sekuriteit en doeltreffendheid tydens hierdie hervullingsbedrywighede beklemtoon, asook om sy doeltreffendheid en aantreklikheid te verbeter.
“Dit hang grootliks van brandstofhandelaars en die beskikbaarheid van tenkwaens in Namibiese waters, asook die koste van brandstof af. Deur ons hoë vlak van doeltreffendheid bly ons verbind tot alle bedryfsvereistes en bly ons oplossingsgedrewe om ons mededingendheid te handhaaf,” het hy gesê.
Die huidige Namport-raamwerk sluit instrumente van die Internasionale Maritieme Organisasie (IMO), die Namport-wet, die haweregulasies en die staande bedryfsprosedures (SOP’s) vir veiligheid, gesondheid en die omgewing (SHREQ) in.
Op die logistieke front het die maatskappy ’n hawebeheersentrum vir alle dokumente en regulasies vir sleepbote en hawebestuurders (marine pilots).
“Tans is Namport in ’n voordelige posisie om enige uitdagings of knelpunte te versag. Die toenemende vraag word verwelkom en enige potensiële uitdagings sal deeglik bestuur word soos dit opduik. Die personeel wat by die hervulling van skepe betrokke is, is almal in besit van ’n bevoegdheidsertifikaat uitgereik deur die IMO, met betrekking tot navigasieveiligheid, maritieme sekuriteit en omgewingsbeskerming.”
Hy het bygevoeg dat daar op ekonomiese vlak ’n klein verhoging in fooie, ankergelde en ander bykomende derdepartydiensfooie in Walvisbaai sal wees. – [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie