Billions for reconstructed canal
Billions for reconstructed canal

Waterkanaal in Noorde trek nuwe baadjie aan

Projek beloop N$10 miljard
Die Omahenene-Olushandja-waterkanaal vervoer water vanaf Angola tot in Oshakati.
Ellanie Smit,Tanja Bause
Ellanie Smit – Die vervalle Omahenene-Olushandja-waterkanaal in die Omusatistreek is met ’n betonvoering (“concrete lined structure”) ter waarde van N$10 miljard vervang met ’n lewensduur tot 2037.

So het die minister van landbou, water en grondhervorming, Calle Schlettwein, tydens die inwyding van die kanaal wat ’n gedeelte van die Calueque-Oshakati-kanaal is, gesê.

Hy het gesê dié oop waterkanaal is in die jare 70’s gebou, wat dit meer as 50 jaar oud maak.

Die kanaal het belangriker oor die laaste paar jaar geword wat die rehabilitasie noodsaaklik gemaak het.

“Die kanaal het historiese en maatskaplike waarde aangesien dit water vir sowat 150 km vanaf die Caluequedam na die Oshakati-suiweringsaanleg vervoer en al die gemeenskappe van die vier noordelike streke, Omusati, Oshana, Ohangwena en Oshikoto, bedien,” het Schlettwein gesê.

Hy het gesê NamWater is verantwoordelik om die kanaal te bestuur, asook die vier suiweringsaanlegte wat rou water in drinkbare water omskep en wat verseker dat die kwaliteit van drinkwater van die hoogste standaard is.

Die kanaal is ontwerp om met 10 kubieke meter water per sekonde te begin en met 1,5 kubieke meter water per sekonde in Oshakati te eindig.

“Hierdie kanaal is nie net gebou om drinkbare water aan Namibiërs te verskaf nie, maar ook om voorsiening te maak vir nywerhede en landbou.”

Die Etundu-groenskema word ook via die kanaal van water voorsien.

Schlettwein het gesê ’n mens kan dus sien hoe belangrik hierdie kanaal is vir mense se lewensbestaan, voedselproduksie, nywerhede en die welstand van die ekonomie is.

Om die kanaal te bestuur is nie gratis nie en die instandhouding van die kanaal is duur. NamWater bestee miljoene per jaar om die water te pomp en aan instandhouding, het hy gesê.

NamWater het deur die Sentrale Verkrygingsraad tenders aan twee kontrakteurs toegeken wat in Februarie 2021 met die heropbouing van die kanaal begin het.

Volgens Schlettwein is die doelwit om waterinfrastruktuur na alle uithoeke van die land uit te brei tot 2037.

“Water is nie net lewe nie, dit is nodig vir ons lewensbestaan. Saam met grond, is water ons waardevolste hulpbron waarsonder geen sosioëkonomiese ontwikkeling moontlik is nie.”

Hy het gesê mense moet die waarde van water waardeer en kan dit nie meer as vanselfsprekend aanvaar nie.

“Ons kan en mag ook geen vermorsing daarvan toelaat nie.”

Hy sê Namibië is trots daarop om een van min lande in Afrika te wees wat kan sê “wanneer jy daardie kraan oopmaak, kan jy die water drink. Dit is veilig en dit is skoon.”

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!