NOTABLE GROWTH: The Welwitschia Sovereign Wealth Fund has grown by N$115 million.
NOTABLE GROWTH: The Welwitschia Sovereign Wealth Fund has grown by N$115 million.

Welwitschia Fonds groei met N$115 m.

Amerikaanse dollar speel ’n rol
Die wetsontwerp op die SWF is tans in konsepformaat en beraadslagings is aan die gang om finansieringsreëls uit verskeie inkomstebronne op te stel, tesame met onttrekkingsreëls.
Yandi Du Plessis
Ogone Tlhage - Die Welwitschia Soewereine Welvaartfonds (SWF) het tot N$385 miljoen gegroei.

Dit vanaf ’n aanvanklike kapitaalinspuiting van N$270 miljoen wat daarin gedeponeer is by die bekendstelling daarvan in Mei 2022.

Dit dui op ’n groei van N$115 miljoen in die fonds.

Dis ten spyte daarvan dat geen verdere geld in die fonds gedeponeer is nie, het die Bank of Namibia (BoN), wat die fonds namens die regering bestuur, gesê.

Kazembire Zemburuka, die woordvoerder van die sentrale bank, het dié verwikkeling gedeel en gesê die sterkte van die Amerikaanse dollar (US$) het tot die fonds se groei bygedra.

“Die Soewereine Welvaartfonds is in Mei 2022 geloods met ’n aanvanklike balans van sowat N$270 miljoen. Daar was geen daaropvolgende inspuitings in die fonds nie. Op grond van positiewe beleggingsopbrengste en die sterkte van die Amerikaanse dollars het die fonds se jongste waarde op 30 Junie vanjaar op N$385 miljoen gestaan,” het hy gesê.

STEL REëLS IN WERKING

Beraadslagings is tans aan die gang om die reëls van die fonds vas te stel, het Zemburuka gesê.

“Die wetsontwerp op die SWF is tans in konsepformaat en beraadslagings is aan die gang om finansieringsreëls uit verskeie inkomstebronne op te stel, tesame met onttrekkingsreëls. Intussen bly die ooreenkoms rakende toesig oor die fonds wat tussen die ministerie van finansies en staatsondernemings en die BoN onderteken is, van toepassing,” het Zemburuka gesê.

Tantieme uit die verkoop van natuurlike, hernubare en niehernubare minerale hulpbronne, belasting, disinvestering van openbare beleggings en bydraes van sekere staatsondernemings sal die fonds finansier.

Die fonds sal veelvuldige beleggingsrekeninge hê wat ’n stabilisering en intergenerasie-spaarrekening sal insluit, waarvan beleggings hierin sal wissel met die fokus op lae risiko en mediumtermyn met ’n uitkeertyd van tussen drie tot 10 jaar.

WETSONTWERP IN 2024 VERWAG

Die finansminister, Iipumbu Shiimi, het voorheen gesê die wetsontwerp om die fonds te reguleer, sal na verwagting in 2024 ter tafel gelê word.

“Ons beoog om die wetsontwerp in die 2024-’25-boekjaar in die parlement ter tafel te lê. Wat kapitalisasie betref, bly die fonds met die aanvanklike saaikapitaal van N$300 miljoen. Gegewe die behoefte om fiskale volhoubaarheid te handhaaf, is dit nie in hierdie stadium moontlik om die fonds verder uit die huidige inkomstestrome te kapitaliseer sonder om skuld te verhoog nie.

“Gevolglik sal die konsepwetsontwerp die nodige bepalings en oorbruggingsmaatreëls insluit om te verseker dat die fonds op ’n fiskaal volhoubare wyse gekapitaliseer word,” het Shiimi tydens die tertafellegging van die nasionale begroting vir 2023-‘24 gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!