Xinfeng glo sy lisensie kwyt
Mediakonferensie na verwagting vir vandag belê
Die Chinese mynbouer het na bewering opdrag gekry om al sy bedrywighede buite Omaruru teen 31 Mei te staak.
Die minister van myne en energie, Tom Alweendo, het na bewering die omstrede Chinese litiummynbouer Xinfeng se mynboulisensie opgeskort.
Xinfeng moet glo alle bedrywighede buite Omaruru teen 31 Mei staak.
Die ministerie se woordvoerder, Ten Hasheela, wou nie gister dié verwikkeling bevestig of ontken nie, maar sê die ministerie sal na verwagting vandag ’n mediakonferensie belê om besonderhede bekend te maak.
Intussen sê Xinfeng se prokureur, Nambili Mhata, hulle beplan om die geldigheid van die opskorting van die lisensie in die hof uit te daag. Hy wou ook nie verdere besonderhede verskaf voor ’n dagvaarding aan die ministerie bedien word nie. Daarna sal alles in die hofdokumente bekend gemaak word, het hy gesê.
Volgens ’n plaaslike dagblad het Alweendo Xinfeng se lisensie ML243 – wat op 6 September verlede jaar uitgereik is en tot 2042 geldig sou wees – om naby Omaruru te myn, in ’n brief gedateer 28 April opgeskort.
Volgens die brief het die Chinese mynbouer glo vals en verkeerde inligting gedurende die aansoekproses ingedien. Ten spyte daarvan dat Xinfeng die geleentheid gebied is om verwarring oor die inligting op te klaar, het die mynbouer glo versuim om sake reg te stel.
Verwysing is ook gemaak na die bevindinge van die minerale lisensie-advieskomitee.
Die raad het bevind dat die mynbouer misleidende inligting verskaf het oor eksplorasiewerk op eksklusiewe eksplorasie-lisensiegebied (EPL) 7228 – wat tot die toekenning van dié lisensie gelei het.
Xinfeng was verlede jaar in die nuus toe dit aan die lig gekom het dat onverwerkte litiumerts in grootmaat uitgevoer word. Alweendo het eers hierdie uitvoere probeer opskort, maar moes later erken dat uitvoerpermitte reeds deur sy ministerie uitgereik is.
Die minister het wel ’n beperking geplaas op die hoeveelheid erts wat uitgevoer kon word en vanjaar is daar glo nie meer litiumerts uitgevoer nie, alhoewel dit steeds op Walvisbaai geberg word.
Gemeenskapslede van Uis het ook vroeër vanjaar hul misnoeë te kenne gegee toe Xinfeng en die Daure Daman Tradisionele Owerheid ’n ooreenkoms bereik het om op tien mynkleims naby Uis te begin ontgin.
Daarvolgens het die parlementêre staande komitee oor natuurlike hulpbronne openbare vergaderings gereël om agter die kap van die byl te kom.
Die staande komitee sou gister met die raadslid van die Daures-kiesafdeling vergader, en met die !Oe-#Gan Tradisionele Owerheid en gemeenskapslede op Okombahe, en vandag sal die Daure Daman Owerheid, die Zeraeua Tradisionele Owerheid en gemeenskapslede met die komitee op Uis en Omatjete vergader.
Xinfeng se bestuur is geskeduleer om môreoggend voor die komitee op Uis te verskyn.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie