Argieffoto ter illustrasie
Argieffoto ter illustrasie

50 c per liter verwelkom

Maar ander sake sloer, sê brandstofhandelaars
Hoewel brandstofpryse nie in Augustus in pas met laer oliepryse daal nie, sal brandstofhandelaars by 'n hoër winsmarge baat.
Ronelle Rademeyer
Brandstofhandelaars het die afgelope naweek die verhoging van 50 sent per liter (c/l) wat deur die ministerie van myne en energie op die kleinhandelmarge toegestaan is, verwelkom, maar in dieselfde asem hul teleurstelling uitgespreek dat dit aansienlik laer is as waarvoor hulle onderhandel het.

Die Brandstof- en Franchisevereniging (Fafa) sê die aanpassing, hoewel dit ‘n stap in die regte rigting is, “is aansienlik laer as wat

aanbeveel as 'n minimum opwaartse aanpassing om volhoubare en winsgewende kleinhandelbedrywighede te verseker”.

Ondanks die laer internasionale olieprys en ’n oorverhaling in die pryse van petrol en diesel van onderskeidelik N$1,74 en N$1,17 per liter in Julie, het die ministerie Vrydag aangekondig brandstofpryse sal in Augustus die pas markeer en nie afwaarts aangepas word nie.

Brandstofhandelaars trek wel hieruit voordeel deurdat die handelaarsmarge met 50 c/l verhoog word. Vulstasie-eienaars se winsgrens styg dus van N$1,13 per liter na N$1,63 per liter.

Volgens die ministerie bly die tydelike verlaging in die ander brandstofheffings soos die MVAF-, padgebruikers- en Namcor-heffing onveranderd, maar brandstofbelasting word heringestel op 90 c/l. Dit geld alle produkte.

Fafa sê in ’n vcerklaring dit is belangrik om daarop te let dat die aanpassing van die kleinhandelmarge slegs een van die uitdagings is wat die volhoubaarheid en winsgewendheid van brandstofkleinhandelaars in Namibië wesenlik beïnvloed.

“Die uitstaande kwessies bly ewe belangrik en as dit nie dringend opgelos deur die minister (mnr. Tom Alweendo) opgelos word nie, sal die bedryf ernstige gevolge in die gesig staar wat nie net ’n risiko vir die nasionale veiligheid van brandstofvoorsiening mag inhou nie,

maar kan selfs die ineenstorting van kleinhandelnetwerke binne ontwikkelende landelike gebiede van Namibië veroorsaak,” .

sê dié vereniging onder voorsitterskap van mnr. Hennie Krüger.

Die onopgeloste kwessies sluit in dat die ministerie in samewerking met kleinhandelaars bepaal wat die belangrikste kostedrywers is en tydig die nodige data insamel en verifieer wat nodig is om die finansiële welstand van die brandstofkleinhandelbedryf te bepaal.

Ander sake behels die implementering van ’n jaarlikse marge-opname, gegrond op ’n ooreengekomde metodologie en die voorkoming van vertikale integrasie deur brandstofgroothandelaars in die kleinhandelmark.

Dit moet stappe behels wat voorkom dat groothandelaars afslag en kredietreëlings vir vlootverbruikers aanbied deur middel van lojaliteits- en ander skemas, sê Fafa.

Hulle vra ook die dubbele inkomste wat banke verdien deur kaartkommissie en diensfooie tydens die verkoop van brandstof van beide handelaars en verbruikers te verhaal, moet ondersoek word.

Nog ’n versoek is vir 'n moratorium op die uitreiking van nuwe brandstofkleinhandellisensies totdat 'n onafhanklike ondersoek gedoen is na die bestaande getal aktiewe brandstofkleinhandellisensies, die volhoubaarheid en winsgewendheid van daardie kleinhandellisensiehouers, en die potensieel onbillike praktyk en/of nienakoming van bestaande mededingingswette.

Fafa verwys in dié verband na die ministerie wat as reguleerder én mededinger optree, en wat voortgaan om lisensies aan onder meer Namcor uit te reik binne reeds versadigde en ten volle bediende gebiede.

Laastens wys die vereniging daarop dat die onwettige smokkel en verkoop van brandstof deur die toepaslike owerhede bekamp moet word deur die oortreders ingevolge die toepaslike brandstofwetgewing te vervolg.

Kommentaar

Republikein 2024-12-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 20° | 28° Eenhana: 21° | 27° Oshakati: 24° | 29° Ruacana: 21° | 28° Tsumeb: 20° | 29° Otjiwarongo: 21° | 26° Omaruru: 22° | 31° Windhoek: 21° | 26° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 16° | 22° Swakopmund: 17° | 19° Walvis Bay: 17° | 24° Rehoboth: 23° | 30° Mariental: 25° | 30° Keetmanshoop: 23° | 33° Aranos: 24° | 32° Lüderitz: 15° | 27° Ariamsvlei: 23° | 29° Oranjemund: 15° | 26° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 18° | 31° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 21° | 26° Maputo: 24° | 33° Windhoek: 21° | 26° Cape Town: 18° | 24° Durban: 21° | 29° Johannesburg: 17° | 27° Dar es Salaam: 27° | 32° Lusaka: 19° | 29° Harare: 18° | 25° #REF! #REF!